Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees? Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: ” …. die belofte kom julle toe en julle kinders …” Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte bewerkstellig? Wat is dan nou werklik die gawe van die Heilige Gees? Kry ek dit saam met my doop, of moet ‘n ander persoon dit eers oor my afbid? Hoekom doop gelowiges hul kinders? Moet hulle nie eers in God glo voordat hulle gedoop kan word nie?
01:55 Handelinge 2:38
02:50 Plasing en algemene misbruike van die teks
07:17 Wat is die gawe van die Heilige Gees?
09:25 Skrif verklaar skrif – wat is die konteks?
11:13 Monergisme, heilsgeskiedenis en genadeverbond
15:20 Nuwe verbond
17:00 Doop van die huisgesin en kinders
22:50 Moet jy eers glo voor jy gedoop word?
24:00 Geloof is die gawe van die Gees?
29:30 Verkondig die evangelie
Skrifverwysings:
Hand 2, Ef 2:8, Rom 3, Joh 6:44, Matt 11:27, 2 Kor 10-11, Gal 3, Gen 3:15, Gen 15, Gen 17, Joel 2, 1 Kor 7:14, HBK Sondag 1, Doopformulier, Jes 55:1
Aanbieders:
Jaco de Beer en Gerhard van Rhyn
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

