Vraag 37-40 hanteer die kwessies van seksualiteit van enkellopendes, seksualiteit in die gesinslewe, asook die seksuele opvoeding van ons kinders. Hoe kan ons die gesinslewe so inrig dat dit tot eer van God voortbestaan? Wat is God se wil vir hoe ons ons kinders in geskikte seksualiteit moet opvoed? Hoe skilder ons vir kinders ‘n mooi beeld van seks binne die huwelik soos God dit geskape het? Wat vat dit van ouers om hierdie verbondsbeloftes na te kom? Hou ons tred met die versoeking waarmee die wêreld ons kinders seksueel bederf en vernietig? Hoe moet jong volwassenes hul ouers eer in hul seksuele gedrag voor die huwelik?
00:00 Menslike Seksualiteit – Herstel (Deel 4)
02:42 Vr 37 – Hoe kan enkellopendes seksueel tot eer van God leef?
05:40 Berei jou voor om ‘n goddelike huweliksmaat te wees
10:06 Wat is die roeping van die gemeenskap van gelowiges?
14:18 Vr 38 – Hoe moet die gesin tot eer van God gerig word?
18:00 Mans – daag op en meld aan vir die uitdaging om ware manne van God te wees
24:07 Vr 39 – Wat is God se wil vir hoe kinders in geskikte seksualiteit opgevoed moet word?
24:55 Vr 40 – Wat is God se wil vir jong volwassenes om hul ouers te eer in hul seksuele gedrag voor die huwelik?
31:51 Die dilemma van die media en tegnologie
33:30 Seks is ‘n heilige onderwerp en verdien ‘n heilige respek
Skrifverwysings: 1 Kor 7, Deut 6,
Boekvoorstellings:
Michael Horton: Ordinary (https://www.goodreads.com/book/show/21816714-ordinary)
Anke Brand: The digital dilemma (https://www.goodreads.com/book/show/121544885-the-digital-dilemma?from_search=true&from_srp=true&qid=y1IflQSuH1&rank=1)
Aanbieders: Jonker Venter, Gerhard van Rhyn en Jaco de Beer
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.