Site icon Scriptura

Roe v. Wade aborsie wetgewing omgekeer

Die aborsie hofsaak van 1973 van Roe versus Wade is deur die hofsaak van Dobs versus Jackson omgekeer, en die Amerikaanse state sal nou self oor die afkeur of toestaan van aborsies moet beslis. Goeie nuus is wel dat aborsie van ‘n gesonde baba na 15 weke dus nou weer onwettig is in Amerika. So wat is ons rol as Christene in die samelewing ten opsigte van hierdie sake? Hoe kan die kerk standpunt inneem en grond wen vir die koninkryk van God? Wat kan christene in Suid-Afrika doen om die sonde van aborsie teen te staan? Ons oorwinning lê in die woord van ons getuienis en in die bloed van die Lam … soos vir ons opgeteken in Openbaring 12:11.

00:00 Roe versus Wade aborsie wetgewing omgekeer
01:00 Agtergrond van die saak
04:10 Dobs versus Jackson aborsie saak bring ommekeer
05:38 Amerikaanse federale regstelsel
07:11 Politiese skuif na state om finaal te beslis
11:00 Wat kan christene doen?
14:00 God se alemene genade
16:23 Infiltreer die wêreld met die waarheid van die woord
18:00 Wat is ons algemene roepingstaak?
20:23 Raak betrokke in die samelewing

Skrifverwysings:
Openbaring, Op 12:11

Aanbieders: Marnix Boersema en Jaco de Beer

Exit mobile version