Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvrae:  God se Soewereiniteit

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Scriptura ontvang baie vrae van luisteraars, en drie van hulle is verwant aan mekaar, omdat dit dui op God se soewereiniteit, God se raadsplan, Sy bestuur en teenwoordigheid in die lewe en dood van alle mense, hoe ons as gereformeerde christene ‘n verantwoordelikheid het om sonde teen te staan en te leef tot Sy eer. God oordeel regverdig.

00:00  Luisteraarsvrae:  God se Soewereiniteit.
02:00  Gereformeerde siening van die soewereiniteit van God, dood, sonde, mens se verantwoordelikheid.

03:07  Opsomming:  
– Vraag 1:  Soewereiniteit:  Is God die oorsaak van sonde en boosheid, en wat is die gereformeerde Christen se verantwoordelikheid?
– Vraag 2:  Dood van ‘n geliefde:  hoe verstaan ons dood en moord?
– Vraag 3:  Het God die mens voorbeskik tot die hel? Psalm 8

04:21   Vraag 1: Soewereiniteit – God regeer soewerein.
12:35   Menslike verantwoordelikheid en God se soewereiniteit loop parallel.
18:51   Die sondeval is nie God se skuld nie.
22:15   Die skrif leer:  God is net goed. 
26:00   Soewereiniteit kanselleer nie ons verantwoordelikheid nie.
33:28   Vrye wil

35:28   Vraag 2:  Dood van ‘n geliefde – Hoe moet ons dit verstaan?
40:25   Leiding se doel.
42:50   Christus staan sentraal.

48:28   Vraag 3:  As God die mens in heerlikheid geskep het, hoekom is sommige verdoem?
49:25   God se regverdige oordeel en God se genade.

Skrifgedeeltes:
Efesiërs 1, 4, 5, 11, Psalm 135, Psalm 8, Jesaja, Romeine 1, Psalm 116:15, Handelinge 12, 1 Petrus 1, Jakobus 1, Handelinge 17, Filippense 1, 1 Korintiërs 15:54, Hebreërs 4

Ander bronne:
Artikel 14 van Nederlandse Geloofsbeleidenis
Dordtse leerreëls:  hoofstuk 1
Gereformeerde beleidenisskrifte

Ander episodes:
https://www.scriptura.co.za/2020/04/luisteraarsvraag-glo-ons-die-mens-het-n-vrye-wil/
https://www.scriptura.co.za/2020/01/wie-is-god-god-is-soewerein/
https://www.scriptura.co.za/2020/02/wie-is-god-god-het-n-raadsplan/

Aanbieders:  Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.