Press "Enter" to skip to content

3Minute1Woord| SKYNHEILIG

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

HYPOKRITES| {afr} skynheilig/geveinsd {eng} hypocrite
Soos in Mattheus 23
Telkens noem die Here Jesus die Fariseërs “geveinsdes”. Hulle is “skynheiliges”. Die woord vir skynheilig in Grieks, is “hypokrites”. Onmiddelik verstaan ons waar die engelse “hypocrite” vandaan kom!
In kort, dui hypokrites vir ons op ‘n persoon wat:
  • agter ‘n masker lewe
  • dubbel-standaarde handhaaf en
  • liefdeloos en onvolwasse in die geloof is
Geveinsdes: agter ‘n masker
Hypokrites beteken “akteur”. Dit verwys na die tipe akteurs in die Griekse wêreld. Een wat dalk ‘n gedig voorhou en met sy hele wese die rol vervul van dit wat hy voorlees. Die ou akteurs het veral met groot maskers op die verhoog hulle rol vertolk. Die woord hypokrites het laterhand hierdie negatiewe betekenis verkry, van iemand wat ‘n rol, agter die masker vertolk. Hypokrites het mettertyd ‘n baie negatiewe betekenis gekry, soos ons dit vandag ook verstaan. Skynheiligheid is ‘n voorgee-heiligwees. Skynheiligheid is om ‘n masker te dra en weg te steek wie jy eintlik is. Die geveinsde is eintlik niks anders nie as ‘n akteur wat ‘n rol op ‘n verhoog vertolk.
Geveinsdes: dubbel-standaarde
Skynheiligheid, soos dit in die NT vir ons geïnspireerd gegee is, beteken meer as sommer-net voorgee. Skynheiligheid het sy wortels in ‘n bose hart van liefdelose misleiding. Verder (en hierdie is baie belangrik), gaan hypokrites daaroor dat iemand groot moeite doen om ‘n (veral) religieuse standaard op iemand anders af te forseer, wat die persoon nie eers op homself van toepassing maak nie. Soos die Fariseërs in Matt. 23. ‘n Skynheilige het “dubbel-standaarde”. Die skynheilige/geveinsde wil beheer uitoefen op iemand anders met religieuse reëls wat hyself nie eers gehoorsaam nie.
Geveinsdes: onvolwasse geloof en liefdeloos
Skynheilige gedrag is tipiese gedrag van ongelowiges, maar dit is ook in ons Christenharte, wanneer ons in ons eie sondige natuur bly voortleef sonder bekering. “Maskers-opsit” en religieuse dubbel-standaarde is sonde wat almal van ons, soms daagliks doen; tog moet skynheiligheid uit ons lewens uitgewis word. Hoekom? Want skynheiligheid onder gelowiges, verklap dat hulle nog onvolwasse is in hulle geloof en nog te min verstaan van die Here se onvervalste, opregte liefde vir hulle. Sit onvolwasse geloof saam met liefdeloosheid, dan het jy ‘n resep vir skynheiligheid.
[bctt tweet=”skynheiligheid onder gelowiges, verklap dat hulle nog onvolwasse is in hulle geloof en nog te min verstaan van die Here se onvervalste, opregte liefde vir hulle.” username=”scriptura_tweet”]
Luister gerus na ons volgende vrystelling van ‘n 3Minute1Woord episode, wat sal gaan oor die woord “ongeveinsd” – die teenoorgestelde van skynheilig.

One Comment

  1. […] Boersema 27/08/2018 Leave a Comment Luister hier na die vorige episode oor “skynheiligheid”, die teenoorgestelde van ongevei… .errordiv { padding:10px; margin:10px; border: 1px solid #555555;color: #000000;background-color: […]

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.