Press "Enter" to skip to content

Geloftedag?

Na aanleiding van baie luisteraars se vrae en veral een luisteraar se vraag, het ons besluit om ‘n episode op te neem oor “Geloftedag”. Die luisteraar se vraag was: “Iets waarmee ek al jare lank worstel is die Bloedrivier gelofte…Ek voel aan dat die teologie agter die gelofte gebroke is…en as’t ware ‘n nasionale dwaling geword het”


Ek dink die probleem rondom die viering van die Bloedrivier gelofte lê eintlik meer by sommiges se herinterpretasie daarvan, ná 1952. Ek dink die gelofte wat aanvanklik in diepe afhanklikheid voor God afgelê is in 1838, word vandag deur baie misbruik as ‘n hoeksteen vir ‘n gebroke teologie.

In die episode kyk ons na:

1. Die probleme rondom die gelofte-teks
2. Die konteks van die gelofte in 1838
3. Die latere, stelselmatige herinterpretasie van die gelofte
4. Antwoord op die vrae: 

  • Is die gelofte nie ook maar ‘n onderhandeling met God nie?
  • Mag ons van ‘n dag ‘n sabbat maak?
  • Vier ons die geloftedag soos: in die dae van die Anglo Boere-oorlog? In die dae vanaf 1952 – Versoeningsdag?

Marnix is tans predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.

3 Comments

  1. Gut gemacht und liebe Grüße aus Leipzig.

  2. Goeiemore Marnix
    Baie dankie vir ‘n deeglike en Bybelgefundeerde gesprek oor hierdie probleem. Twee opmerkings:
    1) Die eerste groot herinterpretasie van die gelofte was reeds by die Volksvergadering van 10-16 Desember 1880, wat as gevolg gehad het die Eerste Vryheidsoorlog. Gaan loees gerus die geskiedenis op bladsye 33-35 by http://www.historicalpapers.wits.ac.za/inventories/inv_pdfo/A979/A979-Ad6-3-3-01-jpeg.pdf
    2) Ek wonder soms of mense nog regtig besef wat dit beteken om ‘n “Sabbat” te onderhou. Wanneer ek so na die mense kyk by Geloftefeeste, wonder ek, so half tong in die kies, of die helfte van hulle elke Sondag in die kerk is. Hulle sou eerder dan langs die viswater, in die jagveld, en in restourante en inkopiesentrums moet wees, want dit is waar meeste mense wat hulself “Afrikaners” noem op Sondae hulself bevind.

  3. Hendri Kruger Hendri Kruger

    Dankie Marnix. Jy som dit baie mooi op.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: