Tekskritiek - 'n Onderhoud met Professor Jorrie Jordaan
In Scriptura se onderhoud met Professor Jorrie Jordaan oor Tekskretiek, het hy hierdie vrae breedvoerig beantwoord:
Besit ons steeds die onvervalste evangelie? Wat is tekskritiek, en hoe is die bybel - spesifiekdie nuwe testament - onder gelowiges in die eerste drie eeue na Christus versprei? Hoe is die bybel vertaal, en hoe het die evangelie behoue gebly, en het die handgeskrewe afskrifte hoofsaaklik ooreengestem?
As die bybel oorgeskryf is deur mense, kan ons daarop staatmaak dat dit ‘n goeie kopie van die oorspronklike woord van God is? Is die Heilige Gees en die openbaring van God afhanklik van menslike vertalings en oorlewering?
“Vertalings is betroubaar in sovere hulle die Griekste teks volg wat die Here in sy woord gegee het.” is Professor Jorrie se bevestigende antwoord of die drie hoofvertalings wat ons lees in die Gereformeerde kerke, waar en betroubaar is. Die Here het dit so beskik dat Sy woord behoue gebly het deur al die eeue, en korrek vertaal en oorgelewer is, ongeag omstandighede, uitdagings en dreigende gevaar.
Minuutmerkers:
00:00 Onderhoud met Prof Gert Jordaan
02:38 Wat is tekskritiek?
06:40 Verskil die inhoud van die verskillende afskrifte?
09:45 Brontekste, outograwe en afskrifte
14:44 Hoe het bepaalde foute in die teks voorgedoen?
21:12 Bybelvertalings
27:24 Is die bybel wat ek lees dan onbetroubaar?
31:40 Verskille in grondtekste en die textus receptus
38:00 Praktiese raad oor verskille in vertalings
45:24 Die drie amptelike vertalings se onderskeie doelwitte en metodes
Skrifverwysings: Joh 5:7-8, Open 22:19







