Wanneer het reformasie werklik begin, en was dit eers by Martin Luther? Staan waarheid en eenheid teenoor en los van mekaar? Wat beteken semper reformanda, en hoekom is dit belangrik vir die kerk, en christene? Mag die kerklike orde van die leer van Christus afwyk? Wat is die maatstaf van wesenlike of nie-wesenlike sake van die christelike geloof? Gaan ons geloof slegs oor verlossing? Hoe handhaaf ons onderdanigheid aan die gesag van die skrif, en watter gesag dra die belydenisskrifte?
Minuutmerkers:
00:00 Reformasie - die wesenlike en die nie-wesenlike sake
03:15 Skeuring in die kerk ter wille van die waarheid
08:00 Oorsprong van semper reformanda
14:50 Wat het die reformatore bedoel met wesenlike sake?
19:15 Wie en wat bepaal belydenis, en watter gesag dra die belydenisskrifte?25:03 Gaan ons geloof net oor verlossing?
29:00 Wat bepaal wat wesenlik is?
35:30 VIDA en sinode besluit 2026
44:55 Waarheid en eenheid staan nie los nie
48:00 Wat vra die Here van sy volk?
Miga 6:8 "Hy het jou laat weet, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te bewys en nederig te wandel met jou God?"





