In vandag se perspektief oor die nuusgebeure van September, gesels Scriptura oor die genadedood van jong kinders, geweldadige massamoorde en reeksmoorde wat wydverspreid voorkom - en soos oorlog begin lyk in ons land. En laastens, 3000 wit kruise ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasmoorde in Suid-Afrika is op die National Mall in Washington, Amerika, opgerig as deel van Lex Libertas se White Cross Project: ’n internasionale veldtog wat aandag wil vestig op plaasaanvalle en plaasmoorde.... Maar steeds word hierdie geweld nie erken of aktief stopgesit deur sommige politieke leiers van ons land nie, en deur sommige selfs as ‘n soort omgedraaide regverdiging vir die apartheids-era beskou.
Noodsaaklike vrae kom uit hierdie gesprek: Erken en sien ons nog raak die ongeregtigheid van moord in al sy vorms: aborsie tot genadedood, bendegeweld, massamoord, reeksmoorde tot plaasmoorde? Of is ons grootliks gedesensitiseer en blind daarvoor? Neem ons land se leiers verantwoordelikheid vir die beskerming van menselewens wat God geskenk het? Hoe kan ons moord net aanvaar asof dit niks is nie? Hoe ver het ons samelewing moreel verval? Wat kan die kerk nog doen om dit as sonde uit te wys en leiers op te roep tot bekering?
Minuutmerkers:
00:00 Perspektief - September 2026
05:00 Eutanasie / genadedood van 2-jarige kind in Nederland
13:30 Geweld, massa-skietery en reeksmoorde nou wydverspreid in Suid-Afrika
24:51 Witkruise geplant voor die Withuis oor plaasmoorde
Skrifverwysings:
Fil 1, 1 Tim 2, Rom 13, Rom 9-11, Jon 3
Artikel skakels:
1. Genadedood of eutanasie:
- https://nltimes.nl/2026/09/09/first-ever-case-euthanasia-young-child-2-handled-well-dutch-committee
- https://www.facebook.com/share/p/1EpEWfnLo5/?mibextid=wwXIfr
- https://www.euronews.com/2026/09/29/terminally-ill-child-euthanised-in-the-netherlands-was-one-year-old-government-says
2. Massa-skietery en reeksmoorde:
- https://www.bbc.com/news/articles/ck5ywnp075d1o
- https://www.bbc.com/news/articles/c6m27dprvzv7o
3. Wit kruise vir plaasmoord slagoffers:
- https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/wit-kruise-plaasmoorde-en-stryd-om-erkenning/
- https://nuusflits.com/3000-wit-kruise-washington-plaasmoordslagoffers/
- Crossed-out youtube video:





