Die plaaslike verkiesing is ’n kopkrap vir baie burgers, omdat ons verantwoordelike leiers moet verkies wat getrou die werk moet doen. Maar watter rol speel jou stem, en wat is jou verantwoordelikheid? Vrae jou gekeuse party: watter impak gaan hulle hê op die gemeenskap, waarvoor staan daardie party, en sal die Here deur hul werk en verheerlik word?
En dan is die toenemende plaasaanvalle, waarin werkers en boere wreed vermoor en aangerand word, geweldig kommerwekkend. Tog sal sommige mense dit as gewone misdaad beskou. Ander gee intimidasie, rassisme, grondeienaarskap, armoede of politiek die skuld. Hoe regverdig ons enige vorm van geweld en moord, en wat is die Bybelse beginsel teen geweld en misdaad? Probeer ons dit relativiseer, versag, of verskans, sodat ons dit nie hoef te erken en stop nie? Watter balans moet ons handhaaf en standpunt moet ons inneem vir reg en geregtigheid?
Minuutmerkers:
01:22 Wat is christene se roeping?
06:55 Help dit nog om te stem?
08:54 Watter imak het jou gekose party op die kerk hê?
13:18 Plaasaanvalle en ontwykende reaksies
18:17 Balans en regspraak
20:12. Plaaslik geroep om die evangelie te bedien
Skrifverwysings:
1 Tim 2:2, NGB Art 36, Luk 13, Es 22, Luk 11:42




