God het die mens geseën met die instelling van die huwelik en die fisiese eenheid van die huweliksverhouding is ‘n voorreg. Deur God se genade mag ons daaruit ook ‘n nageslag voortbring, en as volk van God uitbrei en vermeerder. Kinders uit die huwelik is die vrug van Sy verbondsopdrag, en “die vrug van die moederskoot is ‘n beloning”. Kinders en gesinne is waarlik ‘n groot seën.
Maar hoe moet gelowiges beplan en besin oor die grote van die gesin, en voorbehoeding binne die huwelik? Waarom voorbehoeding gebruik as God soewerein is oor alles, insluitend hoeveel kinders ons sal ontvang? Wat is die geestelike element en verantwoordelikheid betrokke by kinders kry? Wat is die selfgesentreerde en wêreldse argumente oor kinders kry? Wat is die fatalistiese siening oor baie kinders, en is dit wys in alle omstandighede? Kan gelowiges ook aanneming oorweeg, en hoe dra gelowige gesinne by tot dissipelskap?
Minuutmerkers:
03:24 Kinders is ‘n seën van die Here
09:00 Gesin as uitdrukking van God se verbond
13:40 Waarom dan voorbehoeding gebruik?
18:00 Beginsels en houding voor God
21:00 Hoe is voorbehoeding geoorloof?
23:30 Wanneer neig dit na fatalisme?
26:20 Wat van aanneming?
29:50 Verkeerde argumente oor voorbehoeding
36:00 Goeie argumente vir voorbehoeding
Skrifverwysings:
Ps 127, Gen 1, Ps 128:3, Deut 7:13, Luk 14:28, Matt 28:19-20, HK Sondag 13, Jer 16:2
Discussion about this post
No posts





