Haggai 2:20-23 bevat die vierde en laaste profesie in die boek Haggai. Hierdie spesifieke boodskap is 520 jaar voor Christus direk aan Serubbabel, die goewerneur van Juda en ‘n nakomeling van koning Dawid, gerig.
Wat is die kern van hierdie gedeelte? Wat sou met die wêreldmagte gebeur en met Serubbabel? Is die redding vir die kerk deur politiese wyses? Moet die chaos in die wêreld ons ontnugter of kan ons verseker weet dat die hoofskap aan Christus behoort? Watter koninkryke is besig om verdelg te word, en watter een gaan behoue bly? Ons val dikwels in die versoeking en wonder of die kerk nog steeds ‘n noemenswaardige instrument in God se hand is.
Vir die klein en polities swak groep Jode, wat pas uit die ballingskap teruggekeer het, was hierdie ‘n reuse bemoediging dat groot aardse moondhede nie die laaste sê het nie. God beheer die geskiedenis.
Minuutmerkers:
02:50 Teksvoorlesing Haggai 2:20-23
05:45 Die Here is besig met sy volk
07:00 God skud wêreldmagte
10:40 Wat is die kerk se wyse van verandering?
13:36 Hoe pas ons dit vandag toe?
19:45 Hoe lyk dit vanuit die christelike beskouiing?
24:38 Die bevestiging van die dienaar
Skrifverwysings:
Hag 2:20-23, Jer 22, Ps 25, Hand 20:30, Ef 1:10, 1 Kor 3:13, 2 Sam 7, Ps 37, 2 Kor 1:20, Mat 1:12, Luk 3:27





