God het sy volk baie lank gewaarsku oor hulle sonde teen Hom, maar hulle het nie ag geslaan daarop nie. Hábakuk sien die goddeloosheid, onreg en afgodery van sy volk, en roep uit na God in sy benoudheid - hoe lank nog, Here? Moet ons aanhou en aanhou bid oor dieselfde dinge?
God antwoord hom wel, maar nie soos hy dit verwag het nie. Wat kan ons van ons soewereine God verwag? Is Hy dalk ook nog besig om ons te beproef, terwyl Hy sy wil laat geskied? Hoe moet ons optree terwyl ons swaarkry en al lank oor ‘n kwessie bid?
God se wil sal altyd geskied, op die regte tyd, en op die regte manier. Volhard in die gebed, en wees nederig voorbereid vir lyding en teenkanting ter wille van Christus.
Minuutmerkers:
02:42 Wat bid jy as ‘n krisis so lank al voortduur?
05:40 Moet mens later ophou bid?
08:30 Hábakuk roep benoud uit na God
17:10 God antwoord Hábakuk se vrae
24:04 God is soewerein – Hy het ‘n raadspan
28:00 Waarom verloor die wet sy krag?
32:50 Hoe bring die teks ons by Christus?
36:00 Vervolging en verdrukking sal kom
Skrifverwysings:
Jak 1, Ps 2, Jer 22, Joh 17, Deut 29, Matt 23, Rom 1, Hand 13, Matt 24:25




