Goeie werke - Gered van iets tot iets
Is die kind van God se goeie werke vrug van redding, of oorsaak van redding? Kan die mens deur goeie werke gered word? Waarom doen ons goeie werke? Is dit genade van die Here aan Sy kinders om hulle te stuur, te bekwaam en op te rig om te kan werk en te mag dien in Sy koninkryk? Of moet ons werk om Sy genade te verdien? Red die Here ons net van sonde, of is daar nog iets groter wat Hy vir ons gee? Waartoe is ons gered, en wat moet ons nou met ons nuwe identiteit en vryheid maak? Hoe is die gesindheid en hoe lyk die hart van die nuwe eiendomsvolk van God? Staan die wedergeboorte dan los van goeie werke?
Minuutmerkers:
00:00 Goeie werke - Gered van iets tot iets
04:00 Waartoe is ons gered?
13:38 Bly in Christus om vrug te dra
15:15 Watter implikasies het Jesus se kruisdood verder vir ons?
22:15 Wie gee vir ons die goeie werke?
25:00 Nuutgemaak tot goeie werke
27:00 Hoe kan ek God dien?
Skrifverwysings:
Tit 2:14 en 3, HG Sondag 33, NGB Artikel 24, Joh 15:1-10, Ef 2:8-10, Jak 2:14, Gal 5:6, Luk 17:10




