GKSA sinode besluit oor vroue in die amp
Sedert 1985 praat die GKSA sinode oor vrou in die amp. Waaroor gaan die Januarie 2026 sinode besluit oor vrou in die amp - oftewel VIDA - en wat is nou die “debakel” daaroor? Gaan dit oor bevoegdheid van vroue wat in die amp dien, of oor die skrif wat dit belet? En hoekom is die kwessie al vir die afgelope 40 jaar ‘n punt van bespreking op sinode vergaderings?
Alhoewel die besluit TEEN vrou in die amp alreeds op 2009 se sinode afgehandel is, is daar in Januarie 2026 weer ‘n deputaatskap aangewys om vir die volgende 12 maande die gemeentes tot bekering, en om finaal gehoor te gee aan die sinode se besluit om geen vrou in die amp meer toe te laat nie. Die GKSA laat dus nie meer gemeentes toe om vroue in die amp te laat dien nie, omdat die skrif en die kerkorde duidelik daarteen leer. Die kerkverband wil broederlike liefde bewys deur ontbrekende gemeentes pastoraal te bedien met klassis en visitasie geleenthede, en hulle te wys op die waarheid van God se woord.
Die GKSA was lankmoedig om deur die jare al die argumente van beide kante aan te hoor, maar wil steeds op ‘n bybelse manier kerk wees, en op die kerkordelike manier die woord van God gehoorsaam wees. Volgens die woord van God behoort vroue nie in die amp van predikant, ouderling of diaken te dien nie, en moet God se voorskrifte as die hoogste gesag bo alles en almal, gehoorsaam word.
Minuutmerkers:
00:00 Wat doen GKSA met gemeentes wat 2009 besluit teen VIDA verontagsaam?
03:00 Historiese oploop en geskiedenis van die kwessie oor VIDA
04:55 Hoe is besluit oor die behandeling van ontbrekende gemeente?
08:00 Teenstrydige eksegetiese verklarings en skrifbeskouings
13:20 Wat presies behels die besluit van Januarie 2026?
17:45 Kerkorde bestaan reeds en moet gehoorsaam word
24:50 Waarom moet lidmate bewus wees van die saak?
30:16 Wat is die gebedsversoeke?
34:50 Faksies en polarisasie
Skrifverwysings:
1 Tim 2:11-12, 1 Kor 14:34-35, 1 Kor 6, Jak 1:19-20




