Hoe sien die wêreld die dood, en hoe treur die wêreld daaroor? Hoe verskil dit van die christelike begrafnis van ‘n geliefde? Hoe is christene veronderstel om begrawe te word, en hoe nie? Wat glo ons en wat leer die bybel oor die opwekking van ons liggame by die wederkoms van Christus? Is die begrafnis van ons geliefdes ‘n ritueel van mensevereering of huldeblyke? Mag ons vir oorledenes bid, en wat is lykpredikasies? Is ‘n begrafnis volgens ons kerkorde ‘n kerklike erediens en sakrament? Wat is ons hoop, en bepaal ons begrafnis waar ons na die dood is?
Minuutmerkers:
00:00 Die christelike begrafnis
01:50 Belydeniskarakter van die begrafnis
13:27 Geskiedkundige oorsig en doel
19:00 Bepaalde praktyke wat uit Roomse dwalinge kom
25:47 Mensevereering, lofredes en huldeblyke
33:13 Uitdagings wat begrafnis moeilik maak
37:00 Moets en moenies
43:19 Apostoliese Geloofsbelydenis
Skrifverwysings en leerstellings:
Sondag 16, 17 en 22 van Heidelbergse Kategismus, Artikel 23 en 65 van GK kerkorde, 1 Tess 4, 1 Kor 15, Apostoliese Geloofsbelydenis





