Ampte: Amp van Diaken
Hierdie is die derde episode in die Ampte reeks. In hierdie episode gesels die predikante oor die amp van diaken in die kerk. Die definisie, kwalifikasies, rol en werk van die diaken, asook die verhouding tussen diakens en ouderlinge, en die verhouding tussen diakens en die kerk word bespreek
Minuutmerkers:
00:00 Amp van Diaken
01:39 Wat is ‘n diaken? Definisie – dienskneg in die kerk (Hand. 6)
13:09 Wat is die kwalifikasies van ‘n diaken? (1 Tim. 3:8-13)
18:33 Wat is die rol en werk van ‘n diaken? (Hand. 2:44,45; 4:32-37; 5:2; 6:1; 11:29-30)
27:00 Hoe kan die kerk bybelse diakens oplei? (2 Tim. 2:2)
32:30 Verhouding tussen diakens en ouderlinge (Hand. 6:1-6; Hand. 20; Heb. 13:7-17).
38:20 Verhouding tussen diakens en kerk.




