Press "Enter" to skip to content

Author: Jonker Venter

Jonker is tans 'n finalejaarstudent by die Teologiese Skool in Potchefstroom.

Openbare Geloofsbelydenis

Die vraag word deesdae al meer gevra: Waarom doen gelowiges openbare geloofsbelydenis (of belydenis-aflegging soos dit bekendstaan)? ʼn Kort antwoord hiervoor, is: Want die Heilige Gees werk dit in gelowiges om hulle geloof te bely. Maar waar kom die gebruik van openbare belydenis vandaan, en is dit ʼn Bybelse opdrag? Mense sal byvoorbeeld vra: Is dit werklik vir gelowiges nodig om hulle geloof openlik te bely voordat hulle deel kan wees van die kerk? Aan hierdie vrae wil die artikel kortliks aandag gee.