Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Februarie 2023

In hierdie perspektief episode gesels Scriptura oor drie sake wat die afgelope maand kommer en vrae by die kerk ontlok het. Die sogenaamde Asbury herlewing is ‘n charismatiese beweging wat nou vir die agste keer jongmense geestelik mislei, en ‘n valse herlewing voorhou wat nie die fokus op Jesus plaas nie, en ook nie die goddelike vrug dra van bybelse herlewing soos regdeur die kerkgeskiedenis bekend is nie. Die kerk van Engeland oorweeg werklik nou om gender neutrale terme vir God te gebruik, om sodoende niemand te na te kom wat as enige ander gender behalwe manlik of vroulik identifiseer nie, en dit blyk duidelik dat hulle nie die talle bewyse uit die skrif van God se manlikheid erken nie. En laastens het die sataniese vertoning by die Grammy toekennings vanjaar geskok en groot kommentaar uitgelok by christene sowel as ongelowiges, maar in werklikheid het dit die verval, immoraliteit en afgodery van die samelewing ontbloot. 

00:00 Perspektief: Februarie 2023
01:20 Asbury herlewing
01:43 Audio inset
08:10 Bybelse definisie van herlewing
16:32 Herlewing in die kerkgeskiedenis
21:05 Wat is die vrug?
27:37 Kerk van Engeland oorweeg gender neutrale terme vir God
33:05 Lastering, immoraliteit en afgodery
36:25 Sataniese vertoning by Grammy toekennings
43:20 Kuns is ‘n gawe en vaardigheid van God vir Sy eer
50:57 Wat reflekteer die kerk se aanbidding?

Skrifverwysings:
Herlewing: Joh 16:7,14, Ps 85:6, Neh 8, Heb, Hand
God se geslag: 1 Kor, NGB 19, HKS 18
Sataniese vertoon: Ps 2:1-3, Eks 31:1-11, Fil 4:8

Aanbieders:
Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer

2 Comments

  1. Paul Paul

    Julle het gepraat oor hoe kunstenaars ‘n verskil kan maak .
    Die gedagte kom toe op dat sosiale media gebruik word om mense en veral kinders af te takel.
    Tog kry julle dit reg om dieselfde media te gebruik om die Here se evangelie te verkondig.
    Dit wys dat alles wat nuut en modern is, nie noodwendig verkeerd is nie.

    Hierdie moet harde werk wees vir julle. Dankie

    • Benita de Beer Benita de Beer

      Geagte Paul, baie dankie vir die positiewe kommentaar. Ja, mag die Here verheerlik word op al ons platvorms. Mooi dag verder.

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.