Press "Enter" to skip to content

Pastoraal: Het ek die onvergeeflike sonde gepleeg?

In hierdie episode gesels die Scriptura span oor die onvergeeflike sonde. Dikwels twyfel christene of hulle al skuldig was daaraan, en of hulle vergewe kan word daarvoor. Christene worstel en sukkel meestal met hierdie vraag oor sonde: Kan wedergeborenes die onvergeeflike sonde pleeg? En nog ander wonder weer of gelowiges hoop op vergifnis kan hê as hulle sonde gedoen het. Wat beteken dit om teen die Heilige Gees te laster, en wat is dan die sonde tot die dood?

00:00 Pastoraal: Onvergeeflike Sonde
02:45 Het ek dalk die onvergeeflike sonde gepleeg?
05:00 Kan christene in sonde val?
14:42 Watter hoop is daar dat God ons sal vergewe?
20:51 Gereformeerde leerstelling van die volharding van die heiliges/wedergeborenes.
22:11 Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie.
23:00 Is daar ‘n onderskeid tussen sonde en laster teen die Heilige Gees?
23:29 Wat is die sonde tot die dood?
26:22 Nominale christen.
28:16 Ware berou is onmoontlik sonder die Heilige Gees.
Subjektiewe tekens/vrugte van wedergeboorte: bewustheid van en diep berou oor sonde, worsteling met sonde, besorg oor verhouding met God, belei Jesus as Here, verlange na God se woord, soeke na geregtigheid.
30:40 Goddelike berou
32:09 Sonde tot die dood is die verwerping van Christus
33:41 Lastering teen die Gees is wanneer ons die werk van satan aan die Heilige Gees toeskryf, of die werking van die Heilige Gees aan die satan toeskryf.
38:33 Gevaarpunt – verbondskinders wat nie bekeer van sonde nie.
41:13 Gelowiges kan werklike sekerheid van redding hê.
42:33 Dordtse leerreëls hoofstuk 5: Par 6 – God laat nie Sy uitverkorenes val nie.

Skrifgedeeltes: Mattheus 12:22-32, Mattheus 7, 1 Korintiërs 6, 1 Johannes 5:16-17, Romeine 8, Hebreërs 6, Romeine 1, Johannes 10, Hebreërs 12:1-3

Aanbieders: Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.