Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvraag: Vervang die kerk vir Israel?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraar se vraag oor die plek van Israel en die Kerk. Is Israel en die kerk dieselfde? Het die kerk vir Israel vervang? Deur wie voer God sy plan uit?

Hoofpunte:

  1. Die storielyn van die Bybel
  2. God se verbondsvolk
  3. Die kerk en Israel

7 Comments

  1. Rindert Wyma Rindert Wyma

    Die gordyn van die tempel het van bo na onder geskeur toe Jesus gestref het. Sy werk was afgehandel. Die heiligheid van die tempel was afgehandel en almal het toegang gehad. Dit is hoe die kerk vandag is. Daarvandaan het die kerk uit Jerusalem ontstaan en gegroei, soos ons die kerkgeskiedenis ken, vanaf Jerusalem na Macedonië en omstreke en daarna na Klein Asië.
    Volgens my is die werk/roeping van Israel daarna afgehandel. Hulle besit geen verdere bevoorregte posisie nie. Die Saligmaker is uit die klein nietige volkie gebore, gesterf en opgestaan. Van nou af is enige verdere verwysing na Israel, die koms van die nuwe Jerusalem. As ons enige verdere fisiese betekenis heg aan Israel, is ons besig om Jesus se volle verlossingsplan te verloën. Ons moet waak daarteen en Christus verkondig in die nuwe Testament-konteks. Die Jood kan slegs gered word as hy Jesus Christus bely soos ons dit vandag doen in die tyd van die nuwe Testament.
    Maar net my opinie.
    Rip Wyma
    Pretoria

  2. Roelf Pretorius Roelf Pretorius

    Ek sou sê dat ons moet onderskei tussen die kerk as organisasie, en die Kerk van Christus wat die somtotaal van al due gelowiges reg oor die hele wêreld is. Die kerk as organisasie bestaan uit mense wat byeenkom in die Naam van Christus, maar daar is geen waarborg dat almal van hulle se motiewe reg of selfs eerbaar is, of dat almal selfs gelowiges is, nie. Die ideaal is dat hulle almal volgelinge van Christus moet wees, maar dat hulle nie altyd reg glo of doen nie is duidelik uit die verskille tussen die geweldige aantal kerke wat op waarde bestaan en die teologiese en ander teenstrydighede tussen hulle.

  3. Pieter Olivier Pieter Olivier

    is Volgens julle Israel die land of Staat die selfde Israel van die ou testament bedoelende die Noordryk of te wel die 12 stame

  4. Gerrie van Rhyn Gerrie van Rhyn

    Chris, jy sê die volgende: “KERK is ‘n mensgemaakte tempel vir die vergadering van onrein geeste.” Maar as ons na die Here Self in sy Woord luister, leer Hy ons dat die Kerk die mense is wat in Christus uitverkies is om heilig en onberispelik voor God te wees. Die Here sê sy Kerk is die mense wat Hy uitgeroep het, uitverkies het, gered het deur Jesus Christus, tot geloof gebring het deur die werking van sy Gees.

    Romeine maak dit ook duidelik dat die uitverkorenes uit elke volk en taal en nasie die ware Israel, die nageslag van Abraham is. Dan kan mens nog verder ingaan op meeste van die briewe in die Nuwe Testament wat aan die Here se Kerk gerig is, die Here wat ons in Hebreërs 10 leer om nie van die samekomste van die gemeente af weg te bly nie ons het tog deur Jesus Christus vrye toegang tot God, die Here wat ons in 1 Petrus leer dat ons as lewende stene tot ‘n geestelike huis opgebou word, ens.

    Jou verwysing na H1408 wat uit Strongs uit kom, is nie ‘n verwysing na enige van die Name waarmee God Homself in sy Woord openbaar nie (bv. Elohim, Adonai, Jahwe, Theos, Kurios), maar na iets heeltemal anders.

    Of iemand is besig om jou te mislei met iets anders as God se Woord, of jy kies om nie dit wat God so duidelik aan ons openbaar in die Woord te glo nie.

    Mag die Here kragtig deur sy Gees jou oë ook oopmaak om waarlik in Jesus Christus te glo as jou Verlosser en mag Hy jou dan lei om te besef wie die Kerk is en dat alle gelowiges deel is daarvan.

    Groete

  5. Jan Jan

    Jan Earle

    Baie dankie vir hierdie antwoord wat julle op my vraag verskaf het. Ek verstaan wat julle verduidelik. Die vraag het gekom van my swaer wat in Australia woon. Ek stuur hierdie vir hom deur. Baie dankie

  6. KERK is ‘n mensgemaakte tempel vir die vergadering van onrein geeste volgens
    >>>>Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,
    . . . . en ons almal word versoek om uit haar uit te gaan:
    >>>>Rev 18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. 

    . . . . die STORIE LYN VAN DIE BYBEL,
    . . . . het nooit KERK vereis vir enige BYEENKOMS NIE
    >>>> En Salomo het ‘n huis vir Hom gebou. Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus? Het my hand nie al hierdie dinge gemaak nie?
    (Act 7:47-50)
    . . . . die woord GOD = H1408 = BABILON DEITY is verkeerdelik in die KERK BYBEL VERTALINGS ingesmokkel om almal te kry om agter die dier aan te loop volgens OPENBARING 13
    -. . . . .DIE GOD van die wereld wat sit in sy tempel as god se verbond is die ABROGRASIE VAN DIE TIEN GEBOOIE VERBOND VAN YAT’SHRA’AL

    ISRAEL is die moderne JOOD REGERING in JERUSALEM

    . . . .die VERBOND op KLIP met SY VOLK is in die VERBONDSARK in die HEMEL :
    Rev_11:19  En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hae

    Rev 22:14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 

Leave a Reply to Roelf PretoriusCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.