Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Julie 2019

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Julie-maand vanuit ‘n Bybelse perspektief.

Die fokus van hierdie maand se episode is:

01:24 Afvalligheid van die Gereformeerde geloof: Joshua Harris, Mark Driscoll en Francis Chan
29:11 ‘n Nuwe huwelikswet vir Suid Afrika

 

Afvalligheid van die Gereformeerde geloof:

Artikels:

Joshua Harris: https://www.christianpost.com/news/joshua-harris-former-church-responds-to-news-of-him-leaving-wife-christianity.html

Mark Driscoll:

http://kuyperian.com/mark-driscolls-fall-from-the-doctrines-of-grace/

https://reformationcharlotte.org/2019/07/12/founder-of-young-restless-and-reformed-movement-trashes-calvinism-as-garbage/

Francis Chan:

https://reformationcharlotte.org/2019/02/24/francis-chan-why-you-should-avoid-him/

Beskryf die probleem

Predikers wat eens op ‘n tyd bely het hulle glo in die gereformeerde leer.
Hulle het goed begin en sleg geëindig.
Sommiges, soos Harris, het selfs bely hulle het Christus verlaat.
Mark Driscoll se nou Calvinism is “garbage,” maw., ‘n klomp nonsens.

Dit bring baie vrae in gelowiges op.
Hoe is dit moontlik om vir jare in die kerk te sit en dan die gesonde leer te verlaat?
In Harris se geval, om selfs te bely dat hy nie meer ‘n Christen is nie?

Was hy dan nooit ‘n Christen nie?
Wat maak mens nou met die boeke wat hulle geskryf het.

Wat is die boodskap hierin vir ons as Christene?

Hoe moet Christene hieroor dink?

Dit het in die NT kerk gebeur, dit gaan vandag gebeur.
Klein afwykings in die begin maak dat jy jou bestemming met meters mis.

Wat se lesse moet ons hieruit leer?

1) Daar is niks fout met die gereformeerde leer nie, die fout is ons eie hart.

2) “Wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.” (I KORINTHIËRS 10:12).

“Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely, onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.” (I TIMÓTHEÜS 1:18-20).

“MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete.” (I TIMÓTHEÜS 4:1-2).

“Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.” (HANDELINGE 20:29-30)

Wat kan Christene doen?

Hoe kan ons goed eindig?
https://www.thegospelcoalition.org/article/secret-finishing-well/

Neem ‘n lang lewensbeskouing – Christelike lewe is ‘n maraton.

Ons verberg swakhede as gevolg van ‘n begeerte om te beïndruk.

En ons wil beïndruk omdat ons swakheid vrees.

Wees eerlik. Agter ‘n slimfoon of ‘n mikrofoon het ons die vermoë om weg te steek.

Sonde floreer in die donker, maar word in die lig verbrand.

Ons moet dus Bybelse vriende maak – die soort wat gekenmerk word deur openheid, genade en waarheid.

Kweek nie-indrukwekkendheid.

Laat ons maar eerlik wees: ons probleem is nie ons swakheid nie, maar ons vertroue op ons eie insigte en kragte wat ons weerhou om op God te vertrou.

“Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (SPREUKE 3:5-6)

Moet nie snaakse goed probeer om relevant te wees nie.
Vlug weg van valse leer en jaag na die geregtigheid.

1) Ons moet bly by die kerk se belydenisse.

2) Waak teen enige onstabiliteit in jou geloof.

3) Grawe jouself die in die Woord in.

4) Moet dit nooit vanselfsprekend aanvaar nie.

4) Maak seker die wat in leiers posisies aangestel word is goed begrond in die gesonde leer.

5) Ons het mekaar nodig.

‘So spreek die Here : Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie. ‘

JEREMIA 6:16
https://my.bible.com/bible/5/JER.6.16

“Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.” I TIMÓTHEÜS 6:11-12

“JY dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is; en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer. Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus. Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het. En verder, as iemand aan ‘n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.” (II TIMÓTHEÜS 2:1-5)

“EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.” II TIMÓTHEÜS 4:1-5

“DAAROM dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.” (HEBREËRS 12:1-3)

 

Nuwe huwelikswet in Suid Afrika

Koppel die probleem aan belangrike nuusartikels:

Proposed Changes to Marriage Laws Underway

Beskryf die probleem?

Tans is daar verskillende wette vir verskillende tipe huwelike.

Burgerlike verbintenis, gebruiklike huwelike, tradisionele en kulturele huwelike, Moslem, Jode en ander godsdienstige huwelike.
(civil marriages, civil unions, customary marriages, Muslim and possibly other religious marriages)

Dit beteken ‘n predikant kan slegs Christelike huwelike voltrek as hy so kies.

Regering wil een sambreel he.

Dit kan op 2 maniere uitwerk:
Een stel reels wat op alle huwelike toegepas kan word.
Of, een wet met verskillende hoofstukke vir verskillende tipe huwelike.

Dit kan beteken dat ‘n huweliksbeampte wat onder die nuwe sorteer, wat predikante insluit, nie mag weier om bv. Gay huwelike of enige ander geloofshuwelike te voltrek nie.

Dit kan groot probleme vir die kerk inhou. Sommige ouens het reeds aangedui as dit die rigting is waarin dit gaan beweeg dat hulle dan selfs hul lisensie sal kanselleer.

Hoe moet Christene hieroor dink?

Ons moet verstaan dat verdrukking op verskillende maniere gaan kom.
Ons was gewoond aan baie vryheid, dit word stadig maar seker beperk.
Ons gaan meer en meer getoets word om ons geloof uit te leef.

Wat kan Christene doen?

Ons moet bly by die Woord.
Ons moet beginselvas bly.
Daar is meer en meer druk op die kerk om ‘n kompromis aan te gaan.

As dit moet, moet ons dan ontrek en slegs die seremonie in die kerk hanteer.
Mense moet daarna wettelik gaan trou voor die magistraat.
Volgens die Bybel besit die kerk die sleutels van die koninkryk.
Vanut ‘n Bybelse perspektief is mense getroud as hulle voor God en sy gemeente hule beloftes afle.

 

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.