Press "Enter" to skip to content

3Minute1Woord| ONGEVEINSD

ANYPOKRITOS| {afr} ongeveinsd/opreg {eng} unfeigned
Soos in Romeine 12:9
Ongeveinsdes: naasteliefde, soos die Here se liefde vir my
Die teenoorgestelde van “geveinsd”, oftewel “skynheilig” is: anypokritos – “ongeveinsd”. Anypokritos dui op “ongeveinsde eenvoud” – soos die ongeveinsde eenvoud van God se ware, diepe liefde vir sondaars soos ons. Ongeveinsdheid is ‘n vaste kenmerk en eienskap van ware naasteliefde (agape-liefde) leer die apostel in Rom. 12:9. Ongeveinsdheid is opreg en het nie ‘n agteraf-agenda nie. Ons beveg skynheiligheid met eenvoudige, ongeveinsde naasteliefde.
Valse profete is altyd skynheilig, want hulle voorgee-liefde het altyd ‘n agenda. Goeie, Bybelse teologie in ons harte, moet lei tot ongeveinsde liefde vir ander. Ons rig ons oë op die Here se liefde vir ons en leef om dit ongeveinsd te reflekteer teenoor ander!
[bctt tweet=”Goeie, Bybelse teologie in ons harte, moet lei tot ongeveinsde liefde vir ander.” username=”scriptura_tweet”]

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.