Press "Enter" to skip to content

Scriptura Publikasies

Oordenkings uit Ester: Die Here bepaal my lot

Ester is vir baie gelowiges ’n gunsteling-Bybelboek en dit is ’n pragtige verhaal wat vertel van God se almagtige werk in die alledaagse lewe. Dit is ’n Boek wat vertel van God wat situasies geheel en al omkeer. ’n Boek wat vir ons illustreer hoe Bybelse wysheid in praktyk lyk. Bowenal is Ester ’n boek wat vir ons wys, dat die Here soewerein is en oor ons lewens regeer – Hy bepaal my lot.

GM Boersema


Oordenkings uit Efesiërs: Gekies, gered en gemerk

In Efesiërs leer die Here ons wie sy kerk is. Hy leer ons dat die kerk deur die Vader gekies is, deur die Seun gered is en deur die Heilige Gees gemerk is. Ons is die Here se kerk, daarom sê Hy ook in Efesiërs hoe ons as sy kerk behoort te lewe. Efesiërs maak dit duidelik dat die Here die kerk se identiteit en lewe bepaal. Die kerk is die Here s’n, daarom lewe ons tot sy eer.

GP van Rhyn


1 Timoteus: Hoe jy jou in God se huishouding moet gedra

Timoteus is vir die meeste van ons ‘n handleiding oor die amp van ouderling of diaken. Dit is die eerste ding waaraan ons dink as ons die naam Timoteus hoor. Die brief gaan eintlik oor baie meer as dit. Paulus skets vir ons ‘n prentjie van die kerk as die huishouding van God. Hoe moet ons onsself dan gedra in die huis van God? En hoe moet die Here se kerk bedien word? Die antwoord op hierdie vrae lê in die hart van 1 Timoteus.

GP van Rhyn


Bely teen die Bose: ‘n Dialoog in Antwoord op Vertwyfeling

Hierdie bemoedigende gesprek verdedig die christelike geloof en is gebaseer op die Twaalf Artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis. Die christen word beskaam en veroordeel deur die Satan, maar hy staan op ​​in geestelike oorlogvoering om te getuig van sy lewende, oorwinnende geloof in Christus, en die Woord van God.

T Johnson, vertaal deur N Pienaar


Die Nuwe Gereformeerde Kategismus oor menslike seksualiteit

Vandag se revolusie in die teologie handel nie oor die leer van die regverdigmaking deur geloof alleen nie, maar oor seksuele identiteit. Ons post-Freudiaanse wêreld handhaaf sonder enige noemenswaardige teenkanting, dat seksuele identiteit die belangrikste waarheid oor ’n mens is. Onder die banier van LGBTQ+ hang egte menswees daarvan af om jouself onder een van hierdie letters te identifiseer en om heelhartig diegene wat hulself as sulks identifiseer te prys…Dit is hier waar Christopher Gordon se ‘Die Nuwe Gereformeerde Kategismus oor Menslike Seksualiteit’ aan die kerk ’n tydige en pastorale gids gee. 


Werk julle eie heil uit

‘n Tien weke dissipelskap kursus, vir jou wat:

  • nuut is tot die Christelike geloof;
  • graag weer jouself wil opskerp in die grondbeginsels van die Christelike geloof;
  • wil weet wat dit beteken om ’n dissipel van Jesus te wees;
  • wil voorberei om belydenis van geloof af te lê.

GM Boersema


Wat is jou roeping? (pamflet)

Al ooit gewonder of daar ‘n groter plan en doel met jou lewe is? Maak nie saak wie jy is nie, God roep jou vandag!

Hierdie is ‘n A5 grootte pamflet, met afrikaans en engels (voor en agter).

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet