Ons gesels o.a. met ‘n maatskaplike werkster oor ‘n luisteraar se vraag oor isolasie en geheimhouding, na ‘n traumatiese gebeurtenis – is isolasie goed? Hoekom hou ons geheime na trauma?
SCRIPTURA
Prof. Henk Stoker beantwoord die luisteraarsvraag: “Ons weet almal van regverdigmaking deur Jesus Christus maar daarna…hoe loop ‘n mens die pad van heiligmaking? Is alles net die Heilige se werk of het ek as mens ‘n rol om te speel?”
Is Kersfees nie ook maar ‘n heidense fees, soos Halloween nie?
Na aanleiding van baie luisteraars se vrae en veral een luisteraar se vraag, het ons besluit om ‘n episode op te neem oor “Geloftedag”. Die…
Drie episodes, waarin Jaco de Beer vertel hoe hy in die Charismatiese Beweging beland het, wat hy daar beleef het (visioene, profesieë) en hoekom hy nie meer vandag in daardie kringe beweeg nie.
Gelowiges is soms in moeilike situasies, wat maak dat ons dan soms met God wil onderhandel: “Here, as U…dan sal ek…” Maar wat sê die Bybel? Mag ons met die Here onderhandel?

Halloween – waar kom dit vandaan en mag ons as Christene dit vier?
Uiteensetting:
03:00 Agtergrond oor die fees
09:40 Trick or Treat, Kostuums en Jack-o’-Lanterns
13:35 Wat maak ek met hierdie inligting?
20:00 Mag ons dit vier?
22:10 Wat as ek of my kinders dit al gevier het?
22:57 ‘n Beter fees!
Kom ons gaan staan vir ‘n oomblik in die skoene van Filippus. Wat baie opvallend is, is waarheen die Gees vir Filippus stuur.Hy stuur hom, sê :26 na ‘n stil, eensame pad. Hulle het dit destyds die “woestynpad” genoem. ‘n Droeë, gevaarlike en stil pad vanaf Jerusalem suidwaards in die rigting van Gasa. Daar was ook ‘n ander, meer gewilde en baie veiliger pad na Gasa – maar die Gees stuur nie Filippus op daardie pad nie. Filippus moet gaan na die eensame, woestynpad.