Press "Enter" to skip to content

Category: Weerlegging

(Grieks: elegmon). Hier vind jy apologetiese stof. Dit beteken, enigiets wat dwaalleer, valse profete, valse leringe ens. aanraak, sal onder hierdie kategorie gelys word. Weerlegging verwys na die daadwerklike uitwys en regwys van verkeerde leerstellings en/of sondige leefstyle.

Riglyne vir gesprekke met die “Jehovah se Getuies”

Dalk het jy al ‘n Jehovah se Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêreld hierna.

Demonologie (met prof. Flip Buys)

 

In hierdie episode gesels ek met prof. Flip Buys oor Gereformeerde Demonologie. Vrae wat beantwoord word is onder andere:

Is dit enigsins nodig om iets oor Satan te wil leer?
Kan ‘n gelowige deur ‘n demoon “in besit geneem word”?
Hoe hanteer ‘n mens gelowig-Bybels ‘n manifestasie?
Moet ons demone bind en uitdryf?
Kan die duiwel ons gedagtes lees?

In die slingervel van verwronge teologie: gedagtes oor ‘n boodskap van Jo Black

Ek geniet Jo se musiek. Ek geniet die manier waarop hy die storie vertel, maar ek geniet nie die teologie agter sy boodskap nie. Die boodskap van Black se video is vir my kommerwekkend, want dit wat ‘n mens daar hoor, hoor ‘n mens al hoe meer onder Christene in Suid-Afrika.

Kom ek probeer verduidelik, deur te wys wat die vyf klippies in die slingervel van swak teologie kan wees.

Wat is die geestesrealm en kan ons iets in die geestesrealm “aanvoel” soos sommiges beweer?

“…Daar word so baie verwys en gepraat van “ek voel aan in die geestesrealm dat hier groot veranderinge plaas vind in ons land”. Wat is die geestesrealm? Hierdie is werklikwaar iets wat ek as GROOT SONDE sien. Word hier nie met vuur gespeel nie?…” (annoniem)