Press "Enter" to skip to content

Kategorie: Radio Scriptura

Depressie

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

Wat is depressie? Is dit iets waaraan ek ly?

In hierdie episode bou ons voort op die episode oor “Hopeloosheid” en gesels oor spesifiek oor “Depressie”.

Dit kan dalk gesien word as die oortreffende trap van hopeloosheid. Jy voel of jy in ‘n diep donker gat is en weet nie of daar weer lig sal kom nie.

Ons wil nie net gesels oor wat depressie is nie, maar ook kyk hoe die Bybel ons toerus om die stryd teen die gevoel van depressie te stry.

Minuutmerkers:

2:53   Wat is depressie? Ly ek dalk daaraan?

13:15 Wat veroorsaak depressie?

24:43 Praktiese maniere om depressie te hanteer.

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Die huwelik (3): Rol van die vrou

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode gesels ons oor die rol van die vrou. Ons sien hoe God die man en vrou gelykwaardig geskape het, maar met verskillende rolle.

Die fokus van die episode is op twee teksgedeeltes wat verwys na die vrou se “onderdanigheid” en dat sy ‘n “hulp” is (Gen 2:18 en Efes 5:22-24).

 

1:30  Teksgedeeltes in fokus: Gen 2:18 en Efes 5:22-24

3:50 Eva se skepping – Afronding

6:09 Man en vrou is gelykwaardig met verskillende rolle

6:28 Ons sien dit ook in die wese van die Drie-eenheid

8:43 Man en vrou is komplimentêr – nie in kompetisie nie!

10:35 Bybelse onderdanigheid is ‘n resultaat van ‘n Geesvervulde lewe

16:00 Hulp is hoe die vrou haar man aanvul

18:45 Praktiese implikasies

 

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Perspektief: Januarie 2019

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief.

In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook ‘n luisteraars-vraag: “Moet ek stem?”.

0:25   Aborsie

11:11 Bosasa-skandaal

21:43 Moet ek stem?

 

*REGSTELLING: 21:00 Die Psalm waarna verwys word is Psalm 37.*

 

 

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Perspektief: Trailer

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

‘n Kort bekendstelling van Radio Scriptura se nuwe program “Perspektief”.

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Die Huwelik (2): Rol van die man

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is die tweede episode in ons reeks oor die huwelik en gaan oor die rol van die man.

Wat is Bybelse hoofskap? Beteken dit die man is sy vrou se “baas”?

In hierdie episode gesels die hele Scriptura span saam oor die Here se ontwerp van die huwelik – met ‘n spesifieke fokus op die rol van die man.

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Episode 0

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

Episode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel.

In hierdie episode gesels ons ook oor wat DV vir Radio Scriptura voorlê hierdie jaar, o.a. ‘n paar reekse, boekbesprekings en ook ‘n nuwe program: Perspektief!

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

New Apostolic Reformation

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit ‘n Reformasie?

Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse “It’s Time” geleentheid van oom Angus.

1:40 Wat is die New Apostolic Reformation

Definisie en Oorsprong. Is dit nuut? Is dit Apostolies? Is dit ‘n Reformasie?

20:21 “Revival”

Die NAR praat van ‘n sogenaamde “revival” – Dit gaan oor ervarings: Opswepery, “Gold Dust”, “Fire Tunnels” en die “Shofar”. Die eenvoudige is nie goed genoeg nie, soek altyd die volgende groot ding wat kom! Volgende geleentheid is groter, beter en met meer wonders!

24:45 Eenheid

NAR lê baie klem op eenheid, ongeag of jy in Christus is of nie. Maak nie saak in wat jy glo nie!

26:26 Profesieë

NAR sit altyd die prediker/leier op die voorgrond. Min fokus val op Christus en baie op hulself en hul profesieë, tekens en wonders.

29:20 NAR in Suid-Afrika

It’s time beweging – Angus Buchan.

41:30 Samevatting

Laaste opmerkings

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Gawes van die Heilige Gees

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

Die gawes van die Heilige Gees is ‘n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis!

In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.

1:50 Wat is die Gawes van die Heilige Gees?

Waarna verwys ons, wat is die doel daarvan, van wie ontvang ons dit en hoe ons reg daaroor moet dink.

6:45 Die doel van die Gawes

Dit gaan nie oor onsself nie, maar oor God en ons naaste.

7:25 Die apostoliese- / besondere gawes

Die uitsonderlike gawes wat gedien het tot die Godsopenbaring, het tot ‘n einde gekom. Hierdie gawes is nie die norm nie.

16:10 Die gawes waarop God self die fokus plaas

Daar is gawes waarvan ons partykeer vergeet, soos geloof en liefde. Bv Romeine 12 se gawes.

17:47 Het alle gelowiges gawes?

1 Korinthiërs 12 – Almal is deel van die Liggaam van Christus.

25:00 Hoe weet ek wat is my gawe?

Doen wat jou hand vind om te doen, en bid daaroor. Vra ook medegelowiges se raad en bystand.

32:15 Gawes en talente

Wat as die nood in die gemeente nie ooreenstem met my talente nie? Is gawes en talente dieselfde?

36:35 Samevatting

Laaste opmerkings

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

WhatsApp WhatsApp