Press "Enter" to skip to content

Category: Onderwysing

(Grieks: paideian). Hierdie is die “onderwysing in die geregtigheid” waarvan Paulus praat. Lering, weerlegging en teregwysing is alles vooraf en tydens hierdie onderwysing nodig. Dit is deel van hierdie paideian. Hierdie kategorie bestaan uit daardie tipe lees- en luisterstof wat gerig is op ons heiligmaking en Christelike lewe. Die Skrif is hiervoor voldoende, sodat ons volkome toegerus kan wees vir elke goeie werk.

Uitbranding

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Matt 11:28
Uitbranding is ‘n Chroniese- en werkverwante stres wat dan dikwels lei tot ‘n gevoel van doelloosheid. Uitbranding kom vandag al hoe meer voor weens die hoë druk waar onder ons verkeer.

Gejaagdheid

Ons leef in ‘n tyd waarvan dit bekend is dat ons lewens meer gejaagd is as bv. die van die generasie voor ons. Dit word selfs in party opsigte ‘n “status simbool” as ‘n mens kan wys hoe besig jy is, en hoe baie goed jy doen.

Die meeste van ons se “tydbegrotings” is dikwels in die rooi, en 24uur is net te min vir alles wat in ons dag moet gebeur.

In hierdie episode fokus ons op die konsep van “gejaagdheid”.

Finansies (2): Finansiële Stres

Hierdie is die twee episode in ons reeks oor “Finansies”.

Op die oomblik gaan dit nie te goed met SA se ekonomie nie, en baie van ons voel dit aan ons sakke. Alles word net duurder en duurder!

So, hoe gemaak wanneer ek in ‘n finansiële krisis beland? Hoe kry ek dit reg om op die Here te vertrou/wag – sonder om my eie plig te versuim? Is dit ‘n straf van die Here?

Luister gerus na hierdie episode waarin ons oë weer gevestig word op die Here se voorsieningheid en sorg in ons lewens.