Press "Enter" to skip to content

Category: Onderwysing

(Grieks: paideian). Hierdie is die “onderwysing in die geregtigheid” waarvan Paulus praat. Lering, weerlegging en teregwysing is alles vooraf en tydens hierdie onderwysing nodig. Dit is deel van hierdie paideian. Hierdie kategorie bestaan uit daardie tipe lees- en luisterstof wat gerig is op ons heiligmaking en Christelike lewe. Die Skrif is hiervoor voldoende, sodat ons volkome toegerus kan wees vir elke goeie werk.

Die vrees vir God as ‘n sentrale deel van egte Christelike spiritualiteit

Toe ek ‘n student was, het ek in ‘n koshuis gewoon waar ons oordenkings tydens aandete gehou het. Een van die studente sou ‘n gedeelte uit die Bybel lees, ‘n Psalm of Gesang aankondig om te sing en ons dan in gebed lei. Tydens eksamentye het sommige studente Prediker 12:12 gelees…