Press "Enter" to skip to content

Kategorie: Aktueel

Riglyne vir gesprekke met die “Jehova Getuies”

Dalk het jy al ‘n Jehova Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêreld hierna.

Verkondig altyd die Evangelie en gebruik woorde as dit nodig is?!

Om te sê: “Verkondig altyd die Evangelie en gebruik woorde as dit nodig is”, is soos om te sê: “Voer die honger mense en gebruik kos as die nodig is”. Jy kan nie die Evangelie sonder woorde verkondig nie. Daarom mag ons as gelowiges nie met toe monde deur die lewe gaan nie. As ons nie vir mense gaan vertel van Jesus Christus nie, gaan hulle nie die Evangelie hoor nie. Al lewe ons hoe goed.

Huwelik en gesin: die Satan se stille aanslag op die kerk

Maar te veel verduur ons die propaganda wat subtiel ons huise insluip wanneer Sitkoms soos “Modern Family” en basies enige van die ander Hollywood-worsmasjien programme homoseksualiteit nie net as aanvaarbaar nie; maar normaal uitbeeld.  “I was born this way”, “Dit gaan nie oor geslag nie, maar liefde” en soortgelyke slagspreuke word in ons kele afgeforseer.  Deesdae het elke program ‘n “token gay guy”.  Daar is selfs sprake daarvan dat die geliefde Disney-koningin “Elsa” van Frozen, in die volgende uitgawe van die fliek homoseksueel gaan wees, en daar was groot gewag gemaak van die ‘gay’ toneel wat sogenaamd in die “Live Action” weergawe van Beauty and The Beast ingesluit is.  7de Laan het groot opspraak verwek in die laaste jaar met die eerste gay soen wat verfilm is op Afrikaanse TV, en die karakters van “Die Boekklub” op Kyknet was dierbare gesinsgenote in Suid-Afrikaners se sitkamers. En die verskriklike is: dit voel nie meer vir ons vreemd of verkeerd nie.

Selfs die ‘evangelis’ Gretha Wiid het alle geloofwaardigheid wat sy enigsens sou gehad het, verloor deurdat sy na ‘n uitgerekte rusie met die Menseregtekommissie die Bybelse waarheid oor die huwelik en gesin tragies verloën het. 

Demonologie (met prof. Flip Buys)

In hierdie episode gesels ek met prof. Flip Buys oor Gereformeerde Demonologie. Vrae wat beantwoord word is onder andere:

Is dit enigsins nodig om iets oor Satan te wil leer?
Kan ‘n gelowige deur ‘n demoon “in besit geneem word”?
Hoe hanteer ‘n mens gelowig-Bybels ‘n manifestasie?
Moet ons demone bind en uitdryf?
Kan die duiwel ons gedagtes lees?

Marnix is tans predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.