Press "Enter" to skip to content

Pastoraal: Konflikhantering

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode gesels Scriptura oor konflik, die definisie daarvan, asook die Bybelse riglyne vir die hantering van verskille en konflik. Wat gemaak as ons kwaad word, en hoe moet ons verskille en geskille onder mekaar as christene benader en hanteer? Die woord van God gee duidelike riglyne vir ons as christene oor woede, konflik en hoe ons dit ook onder die gesag van God moet plaas, ten einde nie te sondig nie.

00:00   Pastoraal:  Konflikhantering
03:52   Wat sit dikwels agter konflik? (selfsug, woede, wraak, ens)
04:38   Hoe toets ek my hart tydens konflik?
– Stel vas wat die oorsaak van die konflik is.
– Meet volgens ‘n skriftuurlike maatstaf.
– Wat is my rol in die konflik?
– Word stil voor die Here oor die konflik.

06:48   Bybelse riglyne
– Praat die waarheid onder mekaar.
– Bly by die betrokke saak.
– Moenie net jouself in die saak laat geld nie.
– Soek ‘n oplossing vir die konflik.
– Vermy persoonlike aanvalle.
– As jy kwaad word, moenie sondig nie.
– Toets jou hart – waarom het jy kwaad geword?

15:58   Hoe hanteer ons konflik?
19:20   Is alle konflik verkeerd? 
24:00   Konflikvermyding kan liefdeloos wees.
26:00   Persoonlikheidsverskille.
33:24   Konflik kan ‘n geleentheid wees vir groei.
34:51   Hou vas aan die waarheid en liefde. 

Skrifgedeeltes:
Galasiërs 2:13, Efesiërs 4:25-27, Mattheus 18, 2 Korintiërs 13, Handelinge 15:36-41, 1 Korintiërs 6

Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee
https://www.scriptura.co.za/2018/04/wanneer-mag-ek-kwaad-word/

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.