Press "Enter" to skip to content

Pastoraal: Angs en Vrees – Hoe help ek?

In hierdie tweede episode oor angs en vrees gesels ons oor hoe christene angs en vrees prakties kan hanteer, asook hulp verleen aan mense wat angs of vrees ervaar. Die kerk moet mense begelei, in woord en daad, om angs en vrees te identifiseer en uit te sorteer.

00:00 Angs en Vrees: Hoe kan ek ander help?

Hoofpunte:
1) Hoe identifiseer ek angs in myself en in ander?
2) Hoe kan die kerk mense help?
3) Hoe spreek ek angs aan?
4) Hoe kan ek die Woord van God gebruik tydens angs?

03:46 Hoe identifiseer ek angs?

14:14 Hoe kan die kerk mense help?
– Ouderlinge moet uitreik en mense in gemeente goed leer ken om hulle persoonlike omstandighede te ken
– Ons moet in mekaar se lewens betrokke raak, en vir mekaar persoonlik bid
– Moenie weghardloop van die emosie nie, gaan soek jou rus by die Here
– Oplossings vir angs is ‘n proses (Psalm 61)

21:58 Die Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie

22:41 Hoe spreek ek angs aan? (Fil 4 en Psalm 3)
– Volhard in persoonlike gebed, en gebruik die Psalms
– Lewensstyl en prioriteite
– Stel grense vir jouself en ander in jou lewe om roetine en orde te handhaaf
– Bid saam met ander gelowiges

30:05 Hoe kan ek die Woord van God gebruik tydens angs?
– Lees die Bybel persoonlik, asook saam met mede-gelowiges
– Memoriseer spesifieke skrifgedeeltes
– Kerk en genade-middele: bywoning van dienste, gebruik van die genade-middele
– Gaan soek die kerkgemeenskap op, want die antwoord lê nie in onttrekking nie

52:32 Die Here se algemene genade en openbaring
– Oefen
– Stokperdjies
– Kuier by mense
– Omring jou met positiewe mense en dinge

Skrifgedeeltes: Fil 4:4-8, Psalm 3:5-9, Psalm 61, Psalm 8, 1 John 4:17-19

Aanbieders: Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Jonker Venter, Marnix Boersema

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.