Press "Enter" to skip to content

Ouerskap: Dissipline

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Ouers is deur God aangestel oor die kinders en word geroep om met gesag kinders in hierdie lewe te lei. Ouers moet binne die Bybelse grense optree as hulle kinders sondig en ouers mag ook optree wanneer hulle kinders sondig.

4:24 Die punt van Bybelse dissipline is om die hart van die kind te verander.

8:34 Hoe kan ek as herder my kind lei dat hy/sy by die Here uitkom?

16:43 Ouers moet konsekwent wees in hul dissipline.

22:00 Vaders se foutiewe gedrag reflekteer dikwels ‘n verwronge beeld van God, die Vader.

29:20 Dis belangrik dat kinders Bybelse gesagsordes verstaan.

36:40 Dissipline wat nie in liefde gedoen word nie, is onbybels en lei tot mishandeling.

39:40 Dit is belangrik om vergifnis te vra wanneer ouers gefouteer het.

Aanbevole bronne:

1. Biblical Manhood deur Voddie Baucham

2. Shepherding a Child’s Heart deur Tedd Tripp

2 Comments

  1. Jaco Jaco

    As kind was en is ek nogsteeds baie baie bang vir pak kry het ook al gehoor lyfstraf werk dalk vir sekere kinders maar glad nie vir ander. Ek vermoet ek was een waar lyfstraf nie gewerk het nie.

    Nou wonder ek as God een maal vir ons aan n vloek hout gehang het om die straf wat ons toekom te volbing aftehandel te volbrag.

    Is dit dan nodig om n gelowige kind een wat sy of haar besprobeer dan te slaan.

    Onthou net jy is n reus van n mens en die kind is 10 maal kleiner as jy as jy hom of haar beginne slaan dan weet so kind daar is net een uitkoms hy of sy het geen kaans en daar is geen regverdig heid nie om dood geslaan te kan word moet sekerlik deur sy of haar kop gaan met n gewigs voordeel van soveel keer meer en jy wat geen verweer teen die aanslag mag bied.

    • Hallo Jaco,

      Wat jy sê is baie belangrik. Dissipline (d.m.v. “pakslae”) kan baie gou ontaard in mishandeling.

      Een riglyn wat ouers altyd moet volg, is om nooit in woede te slaan nie. Verder, is dit belangrik om vir die kind te verduidelik waarom ons dissipline toepas en dan ook na die toedien van dissipline die kind verseker van jou liefde vir hom/haar.

      Ek waardeer jou boodskap.

      Baie groete

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.