Press "Enter" to skip to content

Ouerskap: Wat is vir God belangrik met betrekking tot Ouerskap?

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Vir God is ouerskap gesetel in Sy skeppingsplan en verbond met Sy volk. Die beeld van God as Vader van Sy kinders, en Sy woord as basis waaruit ons kinders opvoed, is die fondamentele riglyne vir Christen ouerskap.

02:11 Bybelse ouerskap is herderskap, dissipline, bybelse pa-wees, bybelse ma-wees en bybelse kind-wees.

11:19 Ouerskap is gesetel in God se skeppingsdoel en Sy verbond met Sy volk.

20:00 Ouers modelleer hul verhouding met Christus aan hul kinders.

29:16 Ouers voed kinders op vir God en nie vir hulself nie.

37:24 Ouerskap is om die aflosstokkie aan te gee – modelleer God se wêreldbeeld aan hul kinders.

43:38 Ouers kan baie leer uit die voorbeeld van Timoteus.

2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.

2 Timoteus 1:13-14 Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het. Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.