Hoe weet jy of jou teologie reg is? Het jy die regte Godsbesef? Ons glo, dat die gereformeerde leer die naaste aan die waarheid is en verduidelik in die reeks hoekom dit so is. In hierdie episode gesels ons spesifiek daaroor dat gereformeerde teologie Godgesentreerd is. Terwyl daar baie ander leringe is waar die mens en ons behoeftes op die voorgrond staan, wil ons as gereformeerdes aan God alle eer gee! Soli deo Gloria!
06:00 Wat bedoel ons met “Gereformeerde teologie”?
11:30 Wie is die God wat ons dien?
15:00 Die mens is nie op die troon nie
19:00 Ons kan God ken omdat Hy Homsef aan ons openbaar
26:00 Die Ewige Lewe is Godgesentreerd
28:00 Hoe lyk jou lewe as God op die voorgrond staan?
31:00 Word ons eredienste Godgesentreerd ingerig?
Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.