Press "Enter" to skip to content

Hoekom is ek gereformeerd? Almal is ‘n teoloog

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hoekom is ek gereformeerd? Hierdie is die eerste episode, inleiding en vertrekpunt van Scriptura se reeks oor die gereformeerde leer.

Is teologie net bedoel vir predikante? Of dalk ouderlinge? Is jy as gelowige ‘n teoloog, selfs al besef jy dit nie, of al ontken jy dit? Waarom glo jy wat jy glo? Hoekom behoort jy aan ‘n sekere kerk? Dit is belangrike vrae wat ons vir onsself moet uitmaak, en waarin ons ook ‘n verantwoordelikheid voor God het. Wat ek bely, gaan ek glo, en gaan ek ook leef.

04: 20 Die mens is geskape met ‘n gods-besef, maar nie almal dien God nie
15:20 Wat beteken dit om gereformeerd te wees?
35:30 Hoe lyk ware gereformeerdheid in ons plaaslike kerke?

Skrifverwysings:

Webskakels:
https://calvin.reformation.nl/872-Institutes+of+the+Christian+Religion.+Institutio+christianae+religionis.+Institution+de+la+religion+chrestienne/1/1

Aanbieders:
Jonker Venter, Jaco de Beer, Marnix Boersema, Jan-Louis Lee

2 Comments

  1. […] Die beginplek van hierdie ondersoek en gesprek begin by die kerk as aanbiddingsplek – daar waar ons gesamentlik God aanbid – binne die erediens! Dit word onderneem vanuit ‘n Christelik gereformeerde lewensbeskouing, juis omdat hierdie beskouing intens deur God se Woord daarop gefokus is om die sonde bevlekte mens meer en meer reformerend en transformerend daagliks volgens die beeld van Christus te verander. Die volgende video gee ‘n insiggewende beeld van die begrip “gereformeerd’ en sal dus verder duidelikheid en agtergrond gee oor die vertrekpunt vir hierdie artikel/post: https://www.scriptura.co.za/2020/10/hoekom-is-ek-gereformeerd-almal-is-n-teoloog/ […]

  2. Neels Neels

    Ek verwonder my oor die woord ‘teologie’, wat Gereformeerde gelowiges gebruik.
    Die woord is van heidense oorsprong, en is deur die ou Giekse filosowe gebruik
    Die woord wat die Heilige Gees in die Skrif gebruik, is ‘leer’, in Grieks didage, in Latyn doctrina.
    Ek is bevrees ‘teologie’ is nie onskadelik nie, en kom uit die klassieke rasionalisme wat op die mens se wetenskalike vermoë ipv op Christus vir sy redding te vwrtrou.
    ‘Teologie’ dui, anders as ‘leer’, op ‘n wetenskaplike dissipline. Die woord beteken letterlik ‘Godkunde’, en word gebruik vir die wetenskaplike bestudering van God se Woord, asof hierdie Woord mensewoorde is, en deel is van God se skepping.
    Ek weet dat die Reformatore ook hierdie term gebruik het. Dis hoogtyd dat ons hiermee ophou!

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.