Press "Enter" to skip to content

Verlossing deur genade alleen: Volharding van die heiliges

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is die laaste episode in die reeks oor ons verlossing. Dit handel oor die volharding van die gelowiges – Geen uitverkore kind van God kan ooit verlore gaan nie. As jy deur die Vader getrek word sal die ewige lewe ontvang!

Die goeie werk wat God in ons begin het sal Hy self ook voleindig!

MINUUTMERKERS:

02:30 Wie is die heiliges?

04:50 Tekste rondom volharding vanuit die Bybel

13:00 Voorbeelde van heiliges wat volhard het

25:00 Wanneer ons pogings om te volhard misluk

34:15 Praktiese voorbeelde van volharding in ons lewens

42:00 God se troos wanneer ons faal

4 Comments

  1. Eric Eric

    Goeiedag Anton.

    As jy die kommentaar wat jy lewer laat uitrol, dan kom die wortel van jou oortuigings na vore. Wat jy bepleit is niks anders as werk gebasseeerde saligheid nie. M.A.W. as jy as mens dit nie reg kry om sondeloos te lewe nie, is jy nie gered nie. Dan moet mens vra. Wat het die soenverdienste van Christus dan bereik? Jy sal antwoord dat Sy soenverdienste jou in staat stel om sondeloos te lewe hier op aarde. So ‘n antwoord lei tot dualistiese soenverdienste waar jy as mens dan vir ‘n deel van jou saligheid verantwoordelik is. Al is dit net 0.1% bydrae tot jou saligheid, ontneem dit die kragvolle werk van Christus tot onteer van Sy heilige naam deurdat jy self dan verklaar dat Christus se werk nie voldoende is nie, nie perfek is nie. Nee, die uitverkorenes is geregverdig uit suiwer genade, deur enkel werk van Christus alleen, opgewek tot een geloof, deur werking van die Heilige Gees vanuit die Skrif alleen.

    Lees Romeine 7 aandagtig:

    “En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe. En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees. Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood. Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed. Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word. Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
    ROMEINE 7:9‭-‬24 AFR53
    https://bible.com/bible/5/rom.7.9-24.AFR53

    Vanuit jou oortuiging en volgens Romeine 7 sou dit bleik dat Paulus, wat die meerdere deel van die Nuwe Testament aan ons gebring het. Nie gered is nie. Dit kan tog nie.

    Die uitverkorenes is vrygekoop. Vrygekoop van die mag van sonde. Die mag van die sonde is om te dood. Die uitverkorenes is vrygekoop van die ewige dood deur Christus. Die uitverkorenes se saligheid is seker in Christus. Dit alles terwyl ons steeds gebind is aan die vlees, ons liggame.

    Romeine beskryf dit pragtig:

    “WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe — nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het — in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
    ROMEINE 8:18‭-‬30 AFR53
    https://bible.com/bible/5/rom.8.18-29.AFR53

    Baie groete,

    Eric.

  2. Anton Anton

    “Om Heilig te wees is nie om sonder sonde te wees nie”. Volgens die Woord van God word Sy kinders gekenmerk deurdat hulle nie meer sonde doen nie, 1Joh 3 is baie duidelik hieroor, so ook Romeine 6. 1 Joh 1:7 is baie duidelik dat die bloed van Jesus ons reinig van ALLE sonde. Jesus het vir die man by Betesda nie gesê gaan en sondig “minder” nie, maar gaan en sondig nie meer nie, dieselfde met die vrou wat in egbreuk betrap was in Joh 8:11. Behalwe as God dan nie Almagtig is nie en as Hy ‘n halwe werk gedoen het!!!

    As daar nog sonde in jou lewe is, as jy nog in ‘n staat is waar jy ‘n slaaf van sonde is, is jy nie gered nie, dan leef God se Gees nie binne in jou nie. Behalwe as God se Woord lieg of dan moet daar baie verse in die Woord weggegooi word.

    • Jonker Venter Jonker Venter

      Goeie dag Anton,

      Baie dankie vir jou reaksie en gesprek hier op ons platform in ons reeks oor TULIP. Ek vertrou dat jy die reeks reeds geluister het, daarom wil ek nie herhaal nie, maar reageer ek graag op die stellings wat jy maak.

      Ons is dit eens dat die Woord van God onfeilbaar is en dus nie kan lieg oor die waarheid nie. Oor jou opmerking oor God se almag en Christus se volkome verlossing, is die Skrif egter duidelik en is daar geen twyfel nie.

      Ek verskil wel oor jou stelling dat as daar nog sonde in jou lewe is, dat jy nie gered kan wees, of dat die Heilige Gees nie in jou woon nie. Twee feite moet ons goed verstaan: 1) Die erfsonde wat alle mense eers by die dood finaal sal afsterf, en 2) Christus se verlossing. Ek brei vervolgens kortliks op elkeen uit.

      Vanuit die Romeine-brief was Paulus bewus van sy verlossing van die sonde: “omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus” (Rom. 5:1), maar het hy steeds rekening gehou met die erfsonde waaraan gelowiges nog deel het: “daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het” (Rom. 5:12), maar dat gelowiges die gawe van die geregtigheid van Christus ontvang (Rom. 5:17) en daarom nie langer in die sonde wil bly voortleef nie (Rom. 6:1-4 e.v.).

      Paulus erken egter dat die erfsonde nog ʼn sondesmet by ons los, wanneer hy sê: “want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek … maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.” (Rom. 7:15, 17-18 e.v.).

      Dat God vir Paulus kragtig in sy diens gebruik het is genade, want Paulus erken en bely sy sonde, net soos alle gelowiges en geloofshelde van alle tye (dink bv. aan Dawid, ʼn man na God se hart wat swaar gesondig het; sien Psalm 51). So leer ons Here Jesus sy dissipels met die Onse Vader, om hulle sondes te bely: “vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe” (Mat. 5:12).

      In 1 Johannes 1:7 lees ons tereg dat Jesus ons van alle sonde reinig, maar dit beteken nie dat gelowiges nie meer sonde doen nie. Dit beteken dat Christus ons van die ewige toorn van die Vader verlos wat sondaars weens God se geregtigheid toekom. Deur God se genade sien Hy gelowiges deur die bloed van Sy Seun aan.

      As ons dan in 1 Johannes 3:9 van die sonde lees dat “elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.”, beteken dit nie dat gelowiges glad nie meer kan sondig nie, maar dat gelowiges wel te danke aan Christus se verdienste en die inwoning van die Heilige Gees toegerus word om teen die sonde te stry, sodat die sonde hulle nie tot die ewige dood toe oorheers nie.

      Die Skrif maak dit tog duidelik dat gelowiges ten bloede weerstand teen die sonde in hulle moet bied (Heb. 12:4). Terug by die aanhaling van die episode: “Om heiliges te wees [waarvan 1 Petrus 2:9 praat], is nie om sonder sonde te wees nie”, maar dit beteken wel dat die heiliges deur die krag en leiding van die Heilige Gees in die Woord van God hard sal stry om in heiligmaking te bly groei, totdat gelowiges eindelik hierdie sterflike, sondige liggaam met die ewige sal verwissel (vgl. 1 Kor. 15).

      As jy steeds vrae het is jy welkom om verder oor hierdie onderwerp te gesels.

      Groete,
      Jonker Venter.

    • Marnix Marnix

      Hallo Anton,

      Saam met Jonker se kommentaar hieronder, graag ook ‘n opmerking van my kant af:

      John Owen gee in sy boek “The Mortification of Sin” ‘n uitstekende verklaring en wonderlike toepassing van Romeine 8:13 (“want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.”).

      Die boek is gratis beskikbaar by https://www.monergism.com/mortification-sin-believers-ebook-modernized

      Lees dit gerus en dan gesels ons weer!
      Groete

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.