Press "Enter" to skip to content

Eskatologie: Merk van die dier

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode bespreek ons die “Merk van die dier” waarvan ons o.a. in Openbaring 13:16-17 lees. Ons kyk na die manier hoe ons hierdie gedeeltes moet verstaan en wat die merk van die dier prakties beteken.

“En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.” Openbaring 13:16-17

One Comment

  1. Albert Willering Albert Willering

    Wanneer ons kan sien, dat die Openbaring van Johannes gaan oor die verwoesting van Jerusalem en tempel in 70 NC, sal ons makliker die simbole wat gebruik word kan verstaan.Satan word uit die hemel gegooi en gaan ‘n valse godsdiens by die Jode invoer, die leuen van die hoer. Hy kry daar twee mense om hom te help; die dier uit die see, uit die mensesee van die Joodse volk en die die dier uit die Joodse land. Die dier uit die see word Johannes van Giskala genoem, die terroris. Die dier van die land is ‘n valse profeet van die Jode. Nou het ons die draak, wat die duiwel is; die eerste persoon, die dier uit die see, Johannes van Giskala, die tweede persoon en die valse profeet, die derde persoon wat ‘n valse drie-eenheid is. Die Satan wat deur God geskape is, kan self nie skep nie, sodat alles wat hy doen afgekyk is by God. Terwyl hulle in Jerusalem deur die Romeine beleër word, is die tempel in brand gesteek en gaan die voorraadskure in vlamme op. Nou kom die voedsel wat skaars geword het deur die brand op rantsoen. Nou kry hulle wat die die dier aanbid, ‘n ID nommer, om in aanmerking te kom vir die uitdeling van die kos. Die gelowige in Jesus Christus het nie die voordeel daarvan gekry nie.Die nommer 666 is die nommer van die mens, wat beteken dit beryk nie die volheid nie.Daar is drie sesse; 1 vir die duiwel, 1 vir die dier uit die see en 1 vir die dier van die land. God se getal is 777, drie x 7. Die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is drie maal die volheid, want sewe is die getal van die volheid. ‘n Week betsaan uit sewe dae en dan begin dit weer by dag 1. Die ID nommer wat hulle dan kry, is vir die ongelowige en is die merk van die dier.

Leave a Reply to Albert WilleringCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.