Press "Enter" to skip to content

Perspektief: Februarie 2020

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit ‘n Bybelse perspektief:

1. Steven Spielberg se dogter, Mikaela, wat haar bekwaam as ‘n Pornografiese Aktrise (01:45)

2. Beloftebos: Weier dat ‘n selfdegeslag paartjie by hulle trou (12:53)

3. Bouwer Bosch se meningstuk op Netwerk24 oor “Jesus en sy donkie wat Sparkling water drink”. (24:00)

 

Hier is die skakel na Bouwer Bosch se meningstuk:

https://www.netwerk24.com/Stemme/Die-Student/jesus-en-sy-donkie-wat-sparkling-water-drink-20200303

4 Comments

  1. Louis Louis

    Volgens al die inligting omtrent Mikaela Spielberg wat geredelik op die internet en in die populêre media beskikbaar is, is sy ‘n persoon met baie probleme. Soos julle sê, is haar geval hartseer en tragies.
    Die probleme wat sy self openbaar gemaak het, word dikwels gesien in persone wat as kinders seksueel misbruik is (sien Briere, J. & Runtz, M., 1993. Childhood sexual abuse: Long-term sequelae and implications for psychological assessment. Journal for Interpersonal Violence, 10(3), pp. 312-330.) Sy openbaar bv dat sy met Grenslyn-persoonlikheidsversteuring (“Borderline Personality Disorder”) gediagnoseer is, ‘n geskiedenis van hewige drankmisbruik en eetversteuring het, en sukkel met angsversteurings en depressie. Sy beskryf ook haar chroniese gevoel van leegheid en soeke na identiteit – ‘n verskynsel wat dikwels by slagoffers aangetref word, en ‘n diagnostiese kriterium vir Grenslyn-persoonlikheidsversteuring is.
    So is seksuele misbruik: leeg – seksuele ervaring sonder intimiteit. En so het haar seksualiteit geword: leeg en sonder intimiteit.
    Mag sy met die Lewende Water verkwik word, sodat sy nooit meer dors sal kry nie. Mag ons almal die nodige insig en begrip kry om daardie leegte en soeke raak te sien in dié wat haar pad gestap het, en die wysheid en versigtigheid om ons kinders toe te rus voordat hulle onherroeplik geskaad word. En mag ons optrede só wees dat ons vir sulke mense toeganklik is.

  2. Ria Senekal Ria Senekal

    Bouwer Bosch moet verskoning vra. Ek was so absoluut omgekrap oor sy uitlatings want jy kan dit niks anders noem nie. Bouwer ek hoop jy lees die kommentaar. Jy het Ons Here Jesus belaster. Ek staan nou op vir die Heiligheid van Jesus en ek wil net vir jou sê : Christus is so heilig dat selfs die serafs hul gesigte bedek met hul vlerke in Sy heerlike Teenwoordigheid. Jy moet jou bekeer my ou maat. Die Here laat nie met Hom spot nie. Ek sal vir jou intree in gebed dat jy Genade sal ontvang.
    Ria Senekal

  3. Anro Anro

    Goeie besprekingspunte en insiggewende gesprek. Baie dankie, dit gee my stof tot nadenke oor myself en my optrede ook. Net ‘n vriendelike versoek, dat na die wyse hoe in die mikrofoon gepraat word gekyk word. Daar is by iemand ‘n “kom-en-gaan” plek-plek gedurende die gesprek, asof sy mond partykeer voor die mikrofoon is en partykeer nie. Nie ‘n groot probleem nie, net vriendelike versoek.

    • Nelmari Boersema Nelmari Boersema

      Baie dankie vir jou kommentaar, Anro. Ons is bly dat die episode vir jou insiggewend was.
      Ons is bewus van tegniese probleme wat daar met die klank van die episode was, ons kon sommige daarvan regmaak, en het ‘n verbeterde weergawe van die mp3 opgelaai.
      Dankie vir die terugvoer, ons sal vir seker daarop let in toekomstige episodes.

      Groete
      Nelmari
      Scriptura Admin

Leave a Reply to Ria SenekalCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.