Press "Enter" to skip to content

Lent in die lig van die Skrif

Oral oor sien ons die verskynsel dat mense “Lent” vier. Selfs al hoe meer kerke in Protestantse kringe val nou ook by hierdie gebruik in. Wat is Lent en hoe moet ons daarna kyk in die lig van die Skrif?

3 Comments

  1. Wolf Cilliers Wolf Cilliers

    Dankie vir ‘n nugtere en Skrifgetroue gesprek waar julle in liefde en sonder oordeel nie net misverstande en wanopvattings uitwys nie maar ook net weer die fokus plaas op Evangelie nl. Christus en sy volkome en voltooide werk vir ons verlossing en heiliging d.w.s. versoening met God.

    Daar is nog baie werk in die Kerk net om gelowiges te leer wat die werklike Evangelie is en wat die implikasies daarvan vir ons is.

  2. Johan Reinecke Johan Reinecke

    Baie dankie vir die besondere manier hoe daar ook op hierdie saak lig gewerp is. Dit is duidelik dat hierdie tipe van “feeste” nie gehou moet word nie omdat alles in Christus volbring is. Verdere teksgedeeltes wat my opval is waar God by monde van die profete Jesaja en Amos eintlik die eiewillige feeste verag. (Jes. 1:11-16; Amos 5:21-23.)

    Gesien in die lig van hierdie hele gesprek en die duidelikheid van hoe God ons in sy Woord leer, wonder ek of kersfees nie maar ook in dieselfde kategorie val nie? Daar is al baie oor kersfees gedebatteer en daar sal ook seker nog baie daaroor gepraat word, maar daar word nerens in die Skrif vir ons ‘n aanduiding gegee dat ons Jesus se geboorte moet vier nie. Dit is immers die begin van Sy vernedering en smart.

    Vir eers sal ek my nie verder hieroor uitspreek nie.

    Sal graag wil hoor hoe die paneel hierop antwoord.

    Broedergroete.

    Johan

    • Nelmari Boersema Nelmari Boersema

      Goeiedag Johan

      Baie dankie vir jou sinvolle kommentaar en dat jy na hierdie episode geluister het. Ons is dankbaar dat dit vir jou waardevol was.

      Ons het al ‘n potgooi opgeneem oor Kersfees – jy kan gerus daarna luister. Hier is die skakel:
      http://www.scriptura.co.za/2017/12/kersfees/

      Daar is ook episodes oor “Halloween” en “Geloftedag” wat sekere van die aspekte waarna jy verwys aanspreek.

      Groete
      Nelmari
      Scriptura Admin

      http://www.scriptura.co.za/2017/12/kersfees/

Leave a Reply to Nelmari BoersemaCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.