Press "Enter" to skip to content

Luisteraarsvrae: Fisiese oefening / Voorspoedsteologie

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode gesels Jan-Louis Lee met ‘n gasspreker, Prof Albert Coetsee. Hulle beantwoord twee luisteraarsvrae aan die hand van die Skrif.

Die eerste vraag handel oor die nut van fisiese oefening vir gelowiges. Is dit nodig/belangrik dat ons moet oefen?

Wat bedoel Paulus as hy in 1 Timotheus 4: 8 sê: “Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut…”?

Die tweede vraag het te make met “Voorspoedsteologie”. Dit is iets wat glad nie nuut is nie, maar selfs in die Bybel voorgekom het.

Hoekom lyk dit soms of mense die Here slegs dien vir eie gewin? Of, slegs die Here aanbid wanneer dit sleg gaan, maar van Hom vergeet in tye van voorspoed?

Daarmee saam vra ons ook die vrae: “Hoekom laat die Here dan sekere goed oor ons lewens toe?” en “Waarom voel dit of die Here my gebede nie beantwoord nie?”

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.