Press "Enter" to skip to content

Wie is ek?

Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor “Identiteit”.

Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “wie is ek?”

  1. Wie is ek? 01:44
  2. Identiteitsverwarring. 20:20
  3. Ek kan myself nie reg ken nie. 24:24

RADIO SCRIPTURA REEKS: IDENTITEIT

EPISODE 1: WIE IS EK?

INTRO

Welkom by Radio Scriptura.

2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Kyk gerus op scriptura.co.za vir artikels. Jy kan ook ons potgooi luister vanaf die webblad, of op enige potgooi-speler, soos iTunes.

Vandag luister jy na Jonker Venter, Jan-Louis Lee en ek is jou gasheer, Marnix Boersema.

Nuwe Reeks: Identiteit

Jy luister vandag na die eerste episode in ‘n nuwe reeks hier op Radio Scriptura. In hierdie reeks gesels ons oor ons identiteit. Ek weet daar is dwaalstrominge daarbuite wat hulleself “Christian Identity” noem, maar hierdie episode het nou niks daarmee uit te waai nie – ek sê dit maar net, dat ons nie verwarring veroorsaak nie!

Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “wie is ek?”

Wie is ek?

a) https://www.youtube.com/watch?v=UHwVyplU3Pg

  • is ek my liggaam?
  • is ek my brein?
  • is ek my idees, waardes en karaktereienskappe?

b) Eric Erickon – ek is die ideaal wat ek vir myself voorhou

c) “We inhabit a world of meaning in which people are in constant states of identification, or naming and categorizing, what or who one is and to which larger categories he or she may belong,categories like gender, class, race, ethnicity, nationality, sexual identity, occupation, and the like. Identity is the anchoring concept for thinking about difference and sameness in our time.” (Hammack, 2015:11).

Identiteitsverwarring

a) Wanneer ek my identiteit soek (myself identifiseer met):

  • in hoe ek lyk
  • in hoe ek voel
  • in my beroep

(Paul Tripp praat in sy boek “Dangerous Calling” van identifisering met die bediening. Predikante wat hulle identiteit en waarde gaan soek in die bediening. Wanneer daar dus in die bediening nie gebeur wat volgens hulle moet gebeur nie, stort hulle identiteit inmekaar.)

b) Wat gebeur wanneer mense ‘n hele ideologie bou rondom verwarde identiteit? Bv. Brits-Israel Beweging/Hebrew Roots ens?

c) Waarin soek jy jou waarde/identiteit?

Ek kan nie myself reg ken nie

a) Jer. 17:9: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?”

  • ek glo leuens oor God, myself en die wêreld om my, wat ‘n verkeerde identiteit kan skep
  • ek glo leuens wat ander oor my en van my sê

b) Iemand Anders sal vir my moet sê wie ek is!

  • volgende episode: “Wie sê die Here is ek?”

OUTRO

Baie dankie dat jy geluister het na hierdie episode oor Identiteit –

Dankie aan al ons luisteraars wat aktief betrokke is in die verspreiding van ons episodes. Radio Scriptura word regoor die land en selfs in ander dele van die wêreld geluister.

Deel asb. hierdie episode met ander en help ons op die manier om die Evangelie te versprei!

Kom gesels verder saam met ons oor Identiteit op ons webblad of op ons sosiale media platforms. Ons webblad is scriptura.co.za.

Onthou ons het elke week ‘n nuwe Radio Scriptura episode en aan die einde van elke maand, het ons ‘n Perspektief-episode, waar ons die maand se nuusgebeure in ‘n Bybelse perspektief plaas.

Kom luister weer volgende week, totsiens!

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.