Press "Enter" to skip to content

Die Here bepaal my lot

Hierdie eerste “Scriptura Publikasie” is ’n bundel met oordenkings uit die boek Ester.

Gratis PDF-weergawe
Bestel Sagteband (R80 posgeld uitgesluit)
Koop Kindle-weergawe op Amazon

VOORWOORD BY HIERDIE UITGAWE

Daar was deur die eeue heen heelwat vrae oor die boek Ester en selfs gerespekteerde teoloë het die boek nie as deel van die kanon gesien nie. Boonop is dit ’n uitdagende teks om verskeie redes, onder andere kom die Naam van die HERE nie een keer in die hele boek voor nie. Die gevolg is dat die boek miskien té vinnig opsy geskuif word en nie die verdiende aandag op die kansel en tydens huisgodsdiens geniet nie. Ek hoop dat hierdie verwerking van preke uit hierdie pragtige boek diepgaande geloofsgroei by elke leser tot gevolg sal hê. Dit is my oortuiging, dat elke woord en sin van die boek Ester deel is en moet wees van die kanon. Die wonder van die boek is juis dít, dat die HERE Homself so glashelder daarin openbaar, selfs wanneer Sy Naam verswyg word. Hierdie boekie is ’n samestelling van preke wat ek in 2019 in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet gelewer het. Ek het dit so verwerk, dat dit as ’n geheel gelees kan word as ’n boek oor Ester, maar ook as oordenkings kan dien tydens Bybelstudies of huisgodsdiens daaruit. Ester is vir baie gelowiges ’n gunsteling-Bybelboek en dit is ’n pragtige verhaal wat vertel van God se almagtige werk in die alledaagse lewe. Dit is ’n Boek wat vertel van God wat situasies geheel en al omkeer. ’n Boek wat vir ons illustreer hoe Bybelse wysheid in praktyk lyk. Bowenal is Ester ’n boek wat vir ons wys, dat die Here soewerein is en oor ons lewens regeer – Hy bepaal my lot

Be First to Comment

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

WhatsApp WhatsApp
%d bloggers like this: