Press "Enter" to skip to content

Maand: Maart 2019

Luisteraarsvraag: Emigreer?

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

In die episode antwoord ons ‘n vraag waaroor die meeste van ons al gewonder het. Hoe hanteer ons die situasie in Suid-Afrika: Moet ons hier bly? Moet ons emigreer? Wat van ‘n burgerlike opstand?

Ons kyk na verskillende motiverings vir emigrasie en beoordeel dit op grond van die Skrif. Wat vra die Here van ons in hierdie situasie? Hoe leef ons met ‘n Koninkryks-perspektief?

Minuutmerkers:

03:00 Waar is die Here in dit wat hier in Suid-Afrika gebeur?

07:35 Burgerlike opstand?

09:49 Wat behoort ons motivering te wees in hierdie saak?

11:00 Drie redes waarom ons moontlik sou kon emigreer.

12:40 Is ons fokus op Christus?

14:13 Wedergeborenes sal nooit werklik tuis wees op aarde nie – Ons is burgers van die hemel!

18:30 Wat doen ons met ons angste en vrese oor ons omstandighede?

24:40 Koninkryks-perspektief!

 

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Enkellopendheid

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie episode is vir alle enkellopendes. Dit kan wees dat jy dalk soek na ‘n lewensmaat, of miskien is jy ‘n weduwee/wewenaar.

Enkellopendheid kan baie vrae en emosies by ‘n mens laat onstaan. Jy dink dalk dat die Here van jou vergeet… Of jou in jou eensaamheid los…

In hierdie episode is ons doel om die Skrif se lig op hierdie saak te laat val. Wat sê die Bybel vir ons oor ons enkellopendheid?

Minuutmerkers:

02:30 Wat sê die Woord (1 Korinthiërs 7)

03:30 Is enkellopendheid ‘n “probleem”?

05:05 Is ‘n lewensmaat die “Groot Oplossing” vir my probleme?

06:50 Moet ek trou?

07:25 My identiteit in Christus

09:19 “Ek is afhanklik van ‘n huweliksmaat om my geloofslewe aan te vul…”

10:10 ‘n Genadegawe!

17:20 Enkellopendheid en Kuisheid

18:30 Die huwelik as ‘n “reg” waarop ek aanspraak maak

19:30 God se wil vir enkellopendes

21:00 Redes om te trou

25:39 Wat doen ek in hierdie tyd van enkellopendheid?

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Die Huwelik (6): Geslagskwessies

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

“Ons glo en bely dat God die huwelik slegs ingestel het tussen een man en een vrou.”

Hierdie is die laaste episode in die reeks oor die huwelik. Die tema van die episode is “geslagskwessies”, met ‘n fokus op homoseksualiteit. Lees gerus deur die “minuut-merkers” hier onder vir ‘n oorsig oor die episode.

Minuut-merkers:

6:40  Hoe word geslag bepaal volgens die Skrif?

7:24  Verskil tussen geslag en gender

10:20 Identiteitskrisis na die sondeval

14:55 Wat sê die Skrif oor homoseksualiteit?

16:55 Jesus praat dan nooit self teen homoseksualiteit nie…?

22:23 Is homoseksualiteit die “ergste” sonde wat daar is? Wat maak hierdie sonde anders?

26:30 Is homoseksuele mense welkom in die kerk? Hoe help ons iemand wat hiermee sukkel?

30:03 Word ‘n mens so gebore? Is daar ‘n homoseksuele-geen?

 

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

Die Huwelik (5): Intimiteit

powered by Advanced iFrame free. Get the Pro version on CodeCanyon.

“Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees” Gen 2:24.

In hierdie vyfde episode in ons reeks oor die huwelik gesels ons oor intimiteit. Vir sommige is dit ‘n taboe onderwerp; die meeste mense praat nie maklik daaroor nie.

Veral in vandag se samelewing is dit nodig om uit te vind wat intimiteit is (soos God dit geskep het) en watter riglyne ons daaroor in die Woord vind.

Minuutmerkers:

3:38  Wat is intimiteit?

9:10  Riglyne vanuit die Skrif oor intimiteit

22:36 Wat as daar gebreke in ons huwelik is wat intimiteit aanbetref?

 

Hierdie potgooi / artikel is deur verskeie lede van die Scriptura-span saamgestel en geskep.

WhatsApp WhatsApp