Press "Enter" to skip to content

Die Huwelik (1): Bybelse Begronding

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is die eerste episode van Radio Scriptura se reeks oor die huwelik.

Jan Louis Lee (Gasheer) gesels met Marnix Boersema en Gerhard van Rhyn oor die basis van die Christelike huwelik.

Daar word onder andere gekyk na die instelling van die huwelik deur God, sy doel daarmee, en Satan se aanslag daarop.

1:30 Wat is die huwelik in die Here se oë?

4:09 Wat definieer God self as ‘n “regte” huwelik?

5:00 Jou huwelik is “kerk in die kleine”.

6:07 God se doel met die huwelik – en Satan se aanslag daarop

6:50 Hoekom trou? Kan ons nie maar saambly nie?

7:48 Hartseer statistiek

9:56 Die huwelik is regtig goed – God is die outeur!

11:02 Redes vir saambly – is dit geldig?

12:48 Kan ons net ‘n kerklike bevestiging hê, sonder om amptelik (volgens die staat) getroud te wees?

14:40 Finansiële implikasies

15:39 Die groter prentjie: ‘n Voorbeeld van Christus en die kerk. Dit gaan oor God se koninkryk!

 

2 Comments

  1. Hanlie Hanlie

    Baie goeie uiteensetting en deelname! Hierdie reeks kan gerus op RSG uitgesaai word … wens dit kon op Sondagaande….baie insiggewend en kan die huidige onsin wat soms opgedis word, vervang. Geluk met pragtige werk!

  2. Jaco Boersema Jaco Boersema

    Die probleem is dat God nie meer gevrees word in sy outeurskap van die huwelik nie. Die huwelik word gesien as groepsdruk van die mensdom, so waneer dit nie werk nie is dit die mense se skuld en nie my eie nie. Dit word nie meer gesien as instelling van God nie. ‘n vraag: waarom is dit so belangrik vir mense om te trou waneer hulle nie in die Enige Ware God glo nie?

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.