Press "Enter" to skip to content

New Apostolic Reformation

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

In hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit ‘n Reformasie?

Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse “It’s Time” geleentheid van oom Angus.

1:40 Wat is die New Apostolic Reformation

Definisie en Oorsprong. Is dit nuut? Is dit Apostolies? Is dit ‘n Reformasie?

20:21 “Revival”

Die NAR praat van ‘n sogenaamde “revival” – Dit gaan oor ervarings: Opswepery, “Gold Dust”, “Fire Tunnels” en die “Shofar”. Die eenvoudige is nie goed genoeg nie, soek altyd die volgende groot ding wat kom! Volgende geleentheid is groter, beter en met meer wonders!

24:45 Eenheid

NAR lê baie klem op eenheid, ongeag of jy in Christus is of nie. Maak nie saak in wat jy glo nie!

26:26 Profesieë

NAR sit altyd die prediker/leier op die voorgrond. Min fokus val op Christus en baie op hulself en hul profesieë, tekens en wonders.

29:20 NAR in Suid-Afrika

It’s time beweging – Angus Buchan.

41:30 Samevatting

Laaste opmerkings

4 Comments

  1. Hendrik Hendrik

    Dankie vir NAR gesprek. Kan dit as handige “tool” gebruik. Kry juis nou daarmee te doen. Seën en sterkte

  2. Gert Kruger Gert Kruger

    Ek het afgekom op hierdie video wat dien as ‘n goeie voorbeeld van NAR in SA: https://www.youtube.com/watch?v=7gKCA0jIWK0

    Die spreker kom met ‘n lang ompad om met sy leuens te smokkel. In die begin sê hy baie dinge waarme ek saamstem, maar soos hy praat saai hy al meer en meer onkruid.

  3. Zelma Zelma

    Dankie vir duidelikheid. Mag ons Hemelse Vader ons so lei dat ons sal fokus op Sy woord en Hom alleen.

  4. Anne' Anne'

    Baie dankie vir hierdie potgooi. Ek is geen kenner op hierdie gebied nie, maar iets wat my ook opval van hierdie beweging is dat alles in massas plaasvind. Amper asof gebed geen krag het as daar nie massas is nie. betower deur die massas word die fokus weg gedraai van God, maar os “kyk hoe baie is ons hier”.

    Die volgende punt : die “ambisie en intoesiasme” waarmee opgetrek word na hierdie bewegings, is inderwaarheid die ambisie en intoesiasme waarmee ons ELKE Sondag moet kerk toe gaan om God te ontmoet. dit is nie iets wat “once off” moet plaasvind nie. Dit is een van god se gebooie om die sabbat te heilig. Die ironie van die saak is en die vraag wat ek myself afvra: is elke liewe lid wat die samekoms bywoon die Sondag na die Saterdag van die byeenkoms in die kerk?

    Dit will ook vir my kom asof geloof be-oefen word van “geleentheid tot geleentheid” van “massa byeenkoms tot massa byeenkoms”

Leave a Reply to HendrikCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.