Press "Enter" to skip to content

Rekenskap en vergifnis, letterlike en figuurlike verklarings & die naam JHWH en Jehova

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hier is die luisteraarsvrae soos ons dit ontvang het:

Twee vrae oor rekenskap en vergifnis op die oordeelsdag

1.
In Heb 10:17 staan daar dat God nooit meer aan ons sondes en ongeregtighede sal dink nie, ons het gestraand by bybelstudie bietjie vasgehak op daardie deel. Ons sukkel om te verstaan hoe die wederkoms en rekenskap oor ons sondes in volgorde gaan gebeur. Want paar mense se dat met die wederkoms ons sonde vergewe sal wees, en ander se weer daar moet eers rekenskap plaasvind.

2.
Hallo!

Bietjie agtergrond voor ek my vraag vra: Ek is besig om ‘n dames Bybelstudie te lei. Ons tema is Waarheid Oorwin – in kort gaan dit oor die leuens wat ons glo en dan soek ons die waarheid in die Skrif. Een van die stukkies wat ons toe behandel gaan daaroor dat God al ons sondes vergewe en dat Hy daarvan vergeet (Jes 43:25 en 1 Johannes 1:9).
Een van die vrouens maak toe die volgende opmerking (jammer vir die Engels): This truth is both comforting and hurtful.
A comfort to realize God doesn’t hold my failures against me.
Yet Hurtful to know that since the multiple people who abused me are all also Christians there will be no repercussions for them because God has forgiven and doesn’t remember what they did to me.
So don’t tell an abuse victim to “give the offender over to God” and let God do the judging especially if the offender is a Christian because that’s giving false hope for a justice that will never happen.
Vraag: Hoe help ek haar? Of antwoord ek haar? Ek kan myself net indink hoe seer sy gemaak moes wees. En ons kan nie judge en sê dat daai mense nie Christene is nie. Want kyk vir Paulus – hy het mense vervolg voordat hy bekeer was. Hoe moes die mense van daai tyd hom vergewe as hy hulle familie doodgemaak het?

‘n Vraag oor letterlike en figuurlike verklarings in die Bybel

Ek het al ook gewonder, hoe weet ons wanneer ‘n getal wat in die bybel gegee word letterlik of figuurlik is. Want ons glo vas dat God die heelal in 7 dae gemaak word, maar die 144 000 glo ons is figuurlik. Hoekom?

‘n Vraag oor die naam van God

Ek weet nie genoeg om te verstaan heeltemal waar die oorsprong van die naam Jehovah of Yahweh vandaan kom nie, maar ek het gewonder hoekom ons dit gebruik. Ek mag verkeerd wees, asseblief help my reg as ek is, maar die naam wat God aan ons gegee het is YHWH, is dit net in Afrikaans en engels onspreekbaar of kan ander tale dit ook nie uitpreek nie. Waar in die Bybel noem Jesus vir God op Sy naam en waarom voel mense dis reg om paar letters in te gooi en hier en daar ‘n letter te verander om dit uitspreekbaar te maak. In die weermag noem nie een soldaat die korperaal op sy naam nie, uit respek vir hom. Hoekem noem mense God wat soveel meer is as dit op ‘n aangepaste naam.

4 Comments

  1. Gysbert Kruger Gysbert Kruger

    Dankie vir die antwoorde, dit was baie mooi verduidelik en help baie om die woord beter te verstaan.

  2. Tonette de Jager Tonette de Jager

    Baie dankie vir hierdie podcast! Dit het regtig gehelp om ‘n paar goed vir my uit te klaar!

Leave a Reply to Gysbert KrugerCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.