Press "Enter" to skip to content

3Minute1Woord| DAG VAN DIE HERE

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Waar in die Bybel?
Die sogenaamde “Dag van die Here” is ‘n konsep wat ons in die Ou-Testamentiese profete vind (o.a. Mal. 4:5, Am. 5:18,20, Sef. 1-3). Ons lees ook daarvan in die Nuwe-Testament (o.a. 1 Kor. 5:5, 1 Thess. 5:2, Hand. 2:20).
Kom ons kyk kortliks na die volgende asptekte van hierdie Dag:
  • wat is die dag van die Here?
  • wanneer is die dag van die Here?
Wat is die dag van die Here?
Hierdie dag dui op ‘n tyd waar God radikaal sal ingryp in menselewens. Soms word daar ook gepraat nie net van die Dag nie, maar “die tyd” wat die Here sal ingryp (Sef. 3:20). Die Nuwe-Testament noem dit die Dag van wraak, of besoeking.
Wat sal op die dag van die Here gebeur? God sal op hierdie dag optree teen die ongelowiges – die wat kwaad doen. Tog is daar ook in meeste aankondigings van God se Dag, ook ‘n profesie van verlossing vir die oorblyfsel van Israel. Die Dag van die Here saai verwoesting en vernietiging, maar daar is die belofte dat die ware kinders van God herstel sal word.

 

Wanneer is die “Dag van die Here”
Die profete verkondig telkens hoe naby die Dag is. Die Dag kom ook vinnig, soos ‘n “dief in die nag” (Sef. 1:14). Hierdie Dae wat telkens aangekondig word, verwys na ‘n ingrype van God in die toekoms. Soms nabye toekoms en soms ver op die horison. Die Dag verwys nie in alle tekste nét na die wederkoms van Jesus Christus nie. Ja, ook daarop, maar daar is in die Bybel ook ander voorafgaande Dae van die Here. Een voorbeeld is die verwoesting van Jerusalem. Sefanja profeteer dat die Dag van die Here sal aanbreek oor Jerusalem; hiermee verwys die Gees in Sefanja, na die verwoesting van die stad deur die Babiloniërs.

 

Uiteindelik lê die groot Dag van die Here ook vir ons voor – dit is die wederkoms van ons Koning. ‘n Dag waarop Hy die lewendes en die dooies sal oordeel. 2 Thess. 2:2 sê dat die “seun van die verderf” eers geopenbaar sal word (m.a.w. die Kerk sal weet wie hy is) en daarna sal die vreeslike Dag van die Here aanbreek. Daardie Dag bring verwoesting en oordeel vir almal wat nie in Jesus Christus glo nie. Daarteenoor sê Sef. 3:17 sal Hy die wat glo versamel en herstel. Hy sing oor Sy Kerk en is bly oor Sy kinders!

“Die HERE jou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.” (Sef. 3:17)

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.