Press "Enter" to skip to content

Deel van die plaaslike Kerk

In hierdie twee episodes gesels ons oor die Kerk en kerkwees. Wat is die Kerk? moet ek deel wees van ‘n kerk? Wat moet ek daar doen?

DEEL 1:

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is die eerste deel van ons gesprek oor “deelwees van die plaaslike kerk”. In hierdie episode gesels ons oor die grondliggende Skrifgegewens oor wat die Kerk is en wat God oor die Kerk openbaar.

DEEL 2:

powered by Advanced iFrame. Get the Pro version on CodeCanyon.

Hierdie is die tweede deel van ons gesprek oor “deelwees van die plaaslike kerk”. In hierdie episode gesels ons oor die meer praktiese aspekte van die plaaslike kerk, soos: by watter kerk moet ek my aansluit? En as ek dan aangesluit het, wat moet ek daar gaan doen?

3 Comments

  1. […] Kerk-wees is ons identiteit in Christus. Deel van hierdie identiteit is gereëlde aanbidding saam met ander gelowiges (in die erediens, onder die Woord). Baie voer deesdae aan “ek is kerk” en “hoef nie kerk toe te gaan nie”. Vir meer hieroor, luister gerus na hierdie episode van Radio Scriptura: http://www.scriptura.co.za/2018/05/deel-van-die-plaaslike-kerk/  […]

  2. Ben Heunes Ben Heunes

    Deel van die plaaslike Kerk – Deel 1:

    Die gesprek soos gevolg is reg en ek sou graag dat baie ander ook daarna sou luister want dit is baie aktueel. Wat tog kommerwekkend is, is die algemene kennisvlak van die gemiddelde Christen / Lidmaat rakende die totale spektrum van die Kerk en waarvoor dit staan en wat dit inherent beteken.
    Verder vind ek die onderlinge verskillende standpunte, Sinode en Klassis besluite en die uitvoering daarvan en die rol van die politiek in die Kerk as baie verontrustend. Dit is net asof al die ander dinge buite die Kerk ons so vasgevang het en ons denkwyse so beinvloed het dat Kerk en Kerk wees baie laer op die prioriteitslys van lidmate figureer. Ons weet dit is verkeerd maar die mens as sosiale wese soek hierdie charismatiese, losserige sosiale byeenkomste van die Gemeenskapskerke as die oplossing. Daar is minder ordes, reels, en moets en moenies.
    In die Gereformeerde Kerk vind ek dat die bedienings wyses so dramaties van mekaar verskil dat ek nie verbaas is dat lidmate “die pad vat”. Ek myself is in ‘n gemeente waar geen ouderlinge besoek gedoen word nie en ek het sowat 3-jaar gelede laas ‘n huisbesoek gehad en as dit nie was vir ek en my vrou se geloof nie was ons sekerlik ookal weg, waar na toe, weet ek nie. Dit is hierdie afsny van die naelstringt wat kommerwekkend is. VIDA , aai tog waar gaan dit heen? Taal voorkeure , Engels of Afrikaans? Nee kyk dan vra ons hoekom soveel gemeentes verdwyn? Die antwoord is voor die hand liggend.
    Ek is nuut by hierdie “samekoms” en soek ons kos vir die siel!

    Groetnis
    U Broeder in Christus

    Ben Heunes

  3. […] Kerk-wees is ons identiteit in Christus. Deel van hierdie identitiet is gereëlde aanbidding saam met ander gelowiges (in die erediens, onder die Woord). Baie voer deesdae aan “ek is kerk” en “hoef nie kerk toe te gaan nie”. Vir meer hieroor, luister gerus na hierdie episode van Radio Scriptura: http://www.scriptura.co.za/2018/05/deel-van-die-plaaslike-kerk/  […]

Leave a Reply to In die slingervel van verwronge teologie: gedagtes oor ‘n boodskap van Jo Black | ScripturaCancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.