Press "Enter" to skip to content

Wanneer mag ek kwaad word?

“Die verstand van ‘n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ‘n eer om die oortreding te vergewe. ” (Spreuke 19:11)

Die menslike humeur
Kwaad word is menslik en natuurlik.

  • God het dit in ons ingeskape, sodat ons daadwerklik, energiek sal optree tot Sy eer.
  • Maar ons emosies en reaksies is sondig en daarom moet ons dissipline en beheer uitoefen.

Daarom moet ons vir onsself die volgende sake uitmaak:

Wanneer is dit reg om kwaad te word?
Wanneer ons saam met God kwaadword oor dit wat God kwaad maak. Dit wil sê:

  • Ons moet haat wat God haat en aktief wegbly van alle vorme van kwaad
  • Ons moet daadwerklik optree om die eer van God in ons land te herstel
  • Ons moet steeds beheersd kwaad word, en nie sondig nie.

Wanneer moet ek eerder my humeur beteuel?
Wanneer dit meer gaan oor my eer, as God se eer. Dit wil sê:

  1. Wanneer daar teenoor my oortree word
  2. Wanneer my eer gekrenk word

Hoe doen ek dit? Hoe kan ek lankmoedig wees? Vier beginsels uit Spreuke 19:11:

  1. As iemand ernstig teenoor jou oortree het, wees lankmoedig deur:
    • Gelowig in te sien en jou te herinner aan dit waarvoor God jou in Christus reeds vergewe het
    • Onderwerp jou aan God en wag dat Hy oor jou oortreder oordeel
  2. As iemand jou eer gekrenk het, wees lankmoedig deur:
    • Nie kwaad te word nie – dit is onverstandig en nie Godvresende karakter nie
    • Bid dat die Heilige Gees jou lankmoedig sal maak
    • Stel eerder jou eer daarin, om die persoon te vergewe

Saamgevat kan ons onthou Spreuke 19:11 leer: ‘n Godvresende mens beheer sy humeur.

Be First to Comment

Lewer Kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.